Pierre Spies en ander kenners praat aanlyn met die manne

 pierre-spies.jpg

Pierre Spies (foto verskaf)

Ons leef in ʼn tyd waarin soveel mans gebuk gaan onder geweldige druk. Mans wat probeer wees wie hul ouers, baas of vriende wil hê hulle moet wees. Mans wat ten alle tye die beste vir hul families en kinders wil gee. Met vandag se ekonomiese en sosiale uitdagings is dit nie altyd maklik om jou Godgegewe doel uit te leef nie. Hoe hardloop jy dié wedloop van die lewe?

Vanjaar se tema van Finesse en Laeveld Agrochem se MansGenoeg!-geselligheid is Hardloop jou eie wedloop! en is net wat ʼn man nodig het om sy drome waar te maak. Tydens dié gewilde jaarlikse byeenkoms op Donderdag 8 Julie, deel ʼn paar bekende manne wat al ʼn pad gestap het hul ervarings.

Kom luister na die Springbok-agsteman Pierre Spies (sien video onderaan die artikel), lewensafrigter Jannie Putter, sakeman Wouter Snyman, entrepreneur en skrywer Wilco Naumann en sakeman Dwain van Rensburg. Hulle gaan verskeie onderwerpe bespreek wat elke man raak.

mansgenoeg-geloofswaarhede.jpgBy die geleentheid word die boek Mans genoeg! ook bekend gestel.

Hierdie boek bevat raad oor hoe om met jou seun oor geloofswaarhede te gesels. Leer by pa’s soos Jannie Putter, Wouter Snyman en Michael Mol die waardes wat jou seun sal help om geestelik standvastig te wees – geloofswaarhede soos die belang van hegte verhoudings, geestelike leierskap en die rol van die pa. Pa’s het ’n Godgegewe rol om hul gesinne te beskerm en te versorg. Hulle streef ook daarna om hulle seuns lewenslesse en -wyshede te leer sodat hulle eendag eerbare mans sal wees.

Die geleentheid vind Donderdag aanlyn van 19:00 tot 21:00 plaas. Bespreek jou kaartjie voor Woensdag 7 Julie vir slegs R79 in plaas van R99. Indien jy nie op die spesifieke tyd kan inskakel nie, sal jy ʼn skakel ontvang om dit binne ʼn maand te kyk.

Jy kan ook nou al die boek bestel teen slegs R119 in plaas van R149.

  • Finesse skenk hierdie jaar weer 10% van alle kaartjieverkope vir die manne-aand asook van die boekverkope aan Solidariteit Helpende Hand se HelpJag-projek wat tans 8 000 behoeftige kleuters van wildsvleis voorsien in Suid-Afrika. Om meer te lees oor die HelpJag-projek besoek gerus helpjag.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.