Die Centurion Raad vir Bejaardes het op 6 en 7 Oktober ’n suksesvolle Ekspo 50 met die tema “Verouder met grasie” in Centurion aangebied.
Die gehoor kon na puik voordragte geluister. Daar is ook besprekings gevoer oor beroerte (dr. W. Duim), kanker (dr. G. Cohen), diabetes (dr. B. Niewoudt) en Alzheimer se siekte (dr. E. Duvenhage).
Tussendeur kon die belangstellendes hul suiker en bloeddruk laat toets, aan biokinetika-oefeninge deelneem, puik handwerkitems besigtig, talle inligtingstalletjies besoek en lekker eetgoed nuttig.
Die kategoriewenners van die handwerkkompetisie het benewens hul trofees en sertifikate ook ’n CD van ATKV Centurion, Opgedra aan ons senior burgers, ontvang.
Een van die ATKV Centurion-musikante, Rommel van der Riet, het die regte, positiewe atmosfeer geskep met sy vrolike mondfluitjie- en saagspel.