Topmatrieks: Leanke wil meganiese ingenieur word

Leanke Maritz

Leanke Maritz

Leanke Maritz van die Hoërskool Zwartkop in Centurion is nie net vlytig met die skilderkwas nie, maar is ook ʼn slimkop wat sewe onderskeidings in die matriekeindeksamen behaal het.

Sy het A’s in Engels, wiskunde, geografie, rekeningkunde, ingenieursgrafika en -ontwerp, fisiese wetenskappe en lewensoriëntering gekry.

Leanke gaan vanjaar meganiese ingenieurswese aan die Universiteit van Pretoria studeer. “Ek het hierdie rigting gekies omdat ek baie van fisika en wiskunde hou. Ek het ʼn kreatiewe brein wat uitdagings nodig het. Ek wil probleme kan oplos.”

Sy hou daarvan om met waterverf te skilder. “Ek skilder graag diere en mense naby aan my.” Leanke was ʼn joernalis op die skoolkoerant se redaksie en was ook lid van die matriekraad.

“Die motivering van my vriende en familie het my die wil gegee om te presteer. Ek wil suksesvol wees en ek streef daarna om die beste te wees.”

Leanke se ma, Leané, is haar rolmodel. “Sy is geduldig en dra die vrugte van die gees. Sy dra ons gesin en sy straal soveel liefde uit.”

Haar raad aan toekomstige matrieks is: “Werk ou vraestelle uit en werk deur die jaar hard.”

Dit sluit ook aan by haar lewensfilosofie:

Ek glo dat jy bo jou omstandighede kan uitstyg. Jy moet doen wat jou gelukkig maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.