Gideon wil in sy pa se voetspore volg

Gideon van Zyl

Gideon van Zyl

Gideon Van Zyl van die Hoërskool Eldoraigne het onderskeidings vir al nege sy vakke ingepalm. Hy het presteer in Afrikaans, Engels, wiskunde, lewensoriëntering, fisiese wetenskappe, inligtingstegnologie, rekeningkunde, besigheidstudies en ingenieurs grafika-en-ontwerp.

Sy pa, Casper, is ʼn geoktrooieerde rekenmeester met sy eie firma en sy ma, Nelda, is ʼn dokter. Sy ouer broer (ook Casper) is ʼn vierdejaarstudent aan die Universiteit Stellenbosch. Hy is besig met sy graad in megatroniese ingenieurswese.

Gideon beoog om sy vakansie op Plettenbergbaai en Hartenbos deur te bring. Hy wil in sy pa se voetspore volg deur ʼn GR te word en gaan vanjaar aansluit by sy broer op Stellenbosch waar hy B. Rek gaan studeer.

Benewens akademie het Gideon ook in rugby uitgeblink en sy span was die naaswenners van die Beeld-trofee. Hy het hy deelgeneem aan swem en krieket. Hy was in die redenaarspan wat verlede jaar die nasionale wenners was. Boonop was onderhoofseun en het die sosiale portefeulje bestuur. Hy was ook ʼn dirigent.

Gideon is ʼn avontuurlustige buitelugmens wat lief is vir watersport. Hy doen graag vlieërbranderplankry  en speel gholf. Sy motto is nie verniet “werk hard – speel hard” nie. Hy glo ʼn mens moet alles voluit doen. Nietemin meen hy balans is uiters belangrik.

Gideon skryf sy sukses toe aan sy deursettingsvermoë en die ondersteuning van die mense rondom hom.

Hy beskou sy pa as sy rolmodel wat vir hom die spore gelaat het om in te volg.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.