Angelique jaag sukses na deur haar passie te volg

Angelique Van Rooyen

Angelique van Rooyen van Hoërskool Overkruin het skoonskip gemaak met onderskeidings in al agt haar vakke: Afrikaans, Engels, wiskunde, lewensoriëntering, fisiese wetenskappe, rekeningkunde, besigheidstudies en rekenaartoepassingstegnologie.

Hierdie ster van Sinoville is haar ma, Monika, se enigste dogter.

Angelique beplan ʼn vakansie in Phuket, Thailand, voordat sy BSc Aktuariële Wetenskappe gaan aandurf.  Dis haar droom om ʼn aktuaris te word. Sy erken sy is die kompeterendste persoon wat jy sal teëkom en dit is tegelyk die rede agter haar ambisie. Sy glo ʼn mens moet gedrewe wees en jou passie volg, want dit sal uiteindelik na sukses lei.

Hierdie slimkop is lief vir die natuur en is ʼn vegetariër. Sy stel baie belang in modes en styl. In haar vrye tyd beoefen sy graag fisieke aktiwiteite soos joga en ʼn oefensessie in die gimnasium.

Sy was deel van die VLR en is verlede jaar aangewys as junior dux-leerling. Sy is ook trots op verskeie vakpryse. Sy was lid van die Magaliesberg-kinderkoor.

Haar rolmodel is Rupi Kaur, die digter wat daarna streef om ander vroue te inspireer deur haar persoonlike ervarings.

Angelique se dryfveer is om deursettingsvermoë te hê, hard te werk en ʼn passie te hê vir haar studies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.