Anita behaal agt onderskeidings, verfkwas in die hand

Anita laai“Ek is eerder die persoon wat geglimlag het as die persoon wat nie terug geglimlag het nie.”

Só sê Anita Marais van die Hoërskool Waterkloof in Pretoria wat agt onderskeidings behaal het. Dié kreatiewe jong vrou het onderskeidings behaal in Afrikaans, Engels, wiskunde, rekeningkunde, lewensoriëntering, fisiese wetenskappe, rekenaartoepassingstegnologie en ontwerp.

Anita beplan om BCom regte aan die Universiteit van Pretoria te studeer en hoop om eendag ʼn advokaat te word. Sy geniet dit om in haar vrye tyd te teken en te verf en glo dat ʼn goeie, gebalanseerde lewe die rede is vir haar akademiese sukses. Sy sê dit is belangrik om hard te werk, maar steeds tyd met vriende en familie deur te bring.

Sy beskryf haarself as iemand wat rustig en geduldig is en sê sy het nie ʼn spesifieke rolmodel nie. “Ek streef daarna om die beste weergawe van myself te wees.”

Anita spog met 12 jaar se 100% skoolbesoek. Sy het van gr. 10 tot matriek die vakprys vir ontwerp ingepalm en het ook deelgeneem aan netbal en atletiek.

Anita se lewensfilosofie:

“Doen wat jy moet doen, totdat jy kan doen wat jy wil doen.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.