attooh!: Die pretreis na finansiële welstand

Wouter Snyman (Foto: Facebook)

Wouter Snyman (Foto: Facebook)

[promosie-artikel]

Die finansiëledienste-maatskappy, attooh!, is nie sommer enige onderneming nie. Dié familiebesigheid het ʼn hart vir die gemeenskap en glo daarin om groot pret deel te maak van die reis op pad na finansiële welstand.

Die onderneming, wat meer as 20 takke oor die hele land het, word bestuur en voortgedryf deur die uitvoerende hoof, Wouter Snyman.

Snyman het onder meer topverkoperboeke soos Would driving a Porsche change your life? en The Ordinary Millionaire geskryf.

Dit is veral die unieke naam van die onderneming wat aandag trek. “Toe ek grootgeword het in die Vrystaat en sokker saam met my vriende gespeel het, sou hulle altyd ‘atttttooooohhhh!’ skree wanneer hulle ʼn doel geskop het. Die slagspreuk van ons onderneming is dan ook ‘Goals Achieved’. Ons wil mense help om hulle finansiële doelwitte te bereik,” het Snyman gesê.

Die onderneming spits hom daarop toe om saam met sy kliënte ʼn pad te stap. Snyman het immers ʼn geruime tyd gewerk as bankier by Standerd Bank en later vir die Discovery-groep gewerk. Deesdae lees hy minstens een boek ʼn dag en het tot op hede al meer as 3 500 boeke gelees, het hy aan Jacques Basson van Klipkouers vertel.

The Ordinary Millionaire deur Wouter Snyman (Foto: Facebook)

The Ordinary Millionaire deur Wouter Snyman (Foto: Facebook)

“Ons verskil van ander ondernemings in die opsig dat dit by hulle gaan oor die verkoop van produkte. attooh! glo ʼn produk is ʼn speek in die wiel; vir ons gaan dit oor die kliënt se behoeftes. Ons verkoop dan die hele fiets vir jou en ry die pad saam met jou na finansiële welstand en onafhanklikheid.”

Die onderneming is nie noodwendig gemik op mense wat reeds baie diep sakke het nie, meen Snyman. “Ons glo daaraan dat ons gewone mense miljoenêrs maak, en van miljoenêrs onafhanklike mense. En dit is vir ons belangrik dat ons kliënte weet: Wanneer jy doelwitte stel, dan stel jy dit asof jy dit reeds bereik het.”

Snyman meen ook attooh! help om gewone mense se denke te verander ten opsigte van finansies. “Dit gaan alles oor die regte houding teenoor finansiële beplanning. Op die reis om welaf te wees, glo ek mense moet verstaan dat ons ʼn lewe van oorvloed het. Ons wil jou help om dit die beste uit te leef.”

Die maatskappy bied dienste van “die wiegie tot in die graf”. “Ons doen alle finansiële dienste. Wanneer ʼn baba gebore word, sorg ons dat daardie baba ʼn mediese fonds het en wanneer die tyd daar is, hanteer ons jou boedel. Intussen fokus ons op ons kliënte en hulle finansiële welstand en onafhanklikheid.

Foto: Facebook

Foto: Facebook

“In ʼn Suid-Afrikaanse perspektief is minder as 3% mense finansieel onafhanklik. Dis hoekom ons hier is – om jou te help, jou op te lei en jou onafhanklik te maak. Ons wil die statistieke in Suid-Afrika verander,” het Snyman gesê.

Die onderneming ploeg ook terug in die gemeenskap. attooh! is vanjaar se hoofborg vir die Maroela Media en attooh! se Buitebioskoop wat op 17 September plaasvind.

“Ons wou betrokke raak, want dit beklemtoon ons waardes om pret te hê en om lief te hê, te dien en te onthou. Ons wou iets spesiaals vir die gemeenskap beteken, en met die fliekpiekniek kan mense hulle gesinne bring om net weer te ontspan in ʼn rustige omgewing. Ons is nie net besigheid nie – ons verstaan mense en ons ondersteun gemeenskappe.”

Besoek attooh! se webwerf, Facebook-blad of Twitter blad vir meer inligting.

Kontak ook vir attooh! by 012 368 9900 of stuur ʼn e-pos aan [email protected].

Lees meer oor die Buitebioskoop en koop jou kaartjies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.