Avontuurlustige Schalk wil in die buiteland gaan werk

SchalkSchalk Marais van Paul Roos Gimnasium in Stellenbosch spog met agt onderskeidings: in Engels, Afrikaans, Frans, wiskunde, rekeningkunde, lewensoriëntering, ekonomie en fisiese wetenskappe.

Hy gaan vanjaar studeer aan die Universiteit van Stellenbosch en hoop om eendag ʼn geoktrooieerde rekenmeester te word en uiteindelik in Australië of Kanada te gaan werk.

Schalk het ʼn passie vir die buitelug en avontuur. Hy ry graag bergfiets en geniet staproetes. Hy beskryf homself as ʼn gulsige leser wat geïnteresseerd is in fotografie en enigiets wat gaan oor die verkenning van die ruimte.

“Ek is ywerig en glo dat ek enigiets kan bereik met harde werk,” sê hy. Sy intuïtiewe en analitiese denkwyse is volgens hom die rede vir sy akademiese prestasie. Sy rolmodel is die Amerikaanse skrywer en entrepreneur, James Altucher, omdat sy brutale eerlikheid, nederigheid en ambisie vir hom inspirerend is.

Schalk was in 2013 en 2014 die nasionale kampioen in die Taalbond se tweetalige eksamen, hy het ʼn beurs gewen in Nedbank se Treasure Economics-kompetisie en het ook op nasionale vlak deelgeneem aan bergfietsry vir sy skool se span.

Sy lewensfilosofie is:

“Jou denke is jou beste wapen.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.