Belinda wil nie net werk om te lewe nie

Belinda Viljoen

Belinda Viljoen

Belinda Viljoen is nog ʼn Hoërskool Waterkloof-leerder wat geskitter het in die matriekeindeksamen met agt onderskeidings. Haar vakke was Afrikaans, Engels, wiskunde, lewensoriëntering, fisiese wetenskappe, lewenswetenskappe, rekeningkunde en geskiedenis.

Hierdie onderhoofdogter van Wingatepark in Pretoria is die oudste van drie kinders. Haar pa, Tinus, is ʼn prokureur, haar ma, Magda, is ʼn apteekbestuurder en Lana en Marnus is nog op skool. Sy gaan haar vakansie op Plettenbergbaai deurbring en daarna begin met BCom Rekeningkunde aan die Universiteit van Pretoria. Sy wil kwalifiseer as ʼn geoktrooieerde rekenmeester.

Belinda is mal oor dans en het vir Noord-Gauteng gedans. Sy skuba, duik en toer graag. Sy hou van oefen en om met vriende te kuier.

Sy bewonder Bethany Hamilton – ʼn professionele branderplankryer wat haar arm in ʼn haaiaanval verloor het, maar teruggekeer het en sukses behaal het in branderplankry. “Sy is my rolmodel, want sy het haar droom bereik al moes sy baie struikelblokke oorkom.”

Belinda glo aan die uitdrukking: “I do not want to know what you do for a living, I want to know what you live to do.” 

Sy skryf haar sukses toe aan harde werk en sê dat haar entoesiasme en deursettingsvermoë van haar beste eienskappe is. Sy beskryf haarself as ʼn spontane mens wat daarvan hou om met mense te werk.

Ek het ʼn passie om ander mense te inspireer en te dien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.