Bianca se hart sal altyd in Suid-Afrika wees

Bianca laaiBianca Ferreira van die Hoërskool Oos-Moot in Pretoria spog met agt onderskeidings. Sy het sukses behaal in Afrikaans, Engels, wiskunde, lewensoriëntering, fisiese wetenskappe, rekeningkunde, inligtingstegnologie en musiek.

Bianca gaan vanjaar rekenaaringenieurswese aan die Universiteit van Pretoria studeer. Sy hoop om eendag haar nagraadse studies oorsee te gaan voltooi, maar sê dat sy daarna sal terugkeer na Suid-Afrika.

“Ek wil graag eendag in Suid-Afrika woon en werk; my hart sal altyd hier wees.”

Sy speel graag klavier, stel belang in tale en is tans besig om Frans te bemeester.

Bianca glo daarin om altyd positief en entoesiasties te wees met die doel om ʼn lig in ander se lewe te wees. Haar resep vir sukses is: “In alles wat jy doen moet jy 100% gee. As jy geniet wat jy doen, is dit altyd die moeite werd.”

Bianca het twee jonger susters, Ilona en Anica, en ʼn jonger broer, Michael.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.