Borge en vennote van die Grootste Liedjie-veldtog

Die Grootste Liedjie van Alle Tye-veldtog word moontlik gemaak deur ‘n klompie borge en vennote wat net so opgewonde soos ons oor die veldtog is! ‘n GROOT dankie aan die volgende medewerkers:

Hoofborge

  • kykNET ondersteun die veldtog met lugtyd vir televisie-advertensies, asook ondersteuning en bemarking op al hul sosiale media. Jukebox op kykNET volg ook die veldtog deur elke Saterdagaand hul kykers te vertel wat tans in die veldtog aan die gang is. Dankie, kykNET en Jukebox!
  • Virseker maak die veldtog moontlik met hul steun. Boonop gaan ‘n deel van elke Virseker-polis wat gedurende en as gevolg van hierdie veldtog verkoop word, aan Solidariteit Helpende Hand se skooltassie-projek. Dié projek sorg dat arm Afrikaanse gr 1-kindertjies ‘n skooltas kry met alles wat hulle vir die jaar nodig het voor hulle die groot dag aandurf. Dankie, Virseker!

Ander borge

  • eNuus
  • Radio Pretoria
  • Groot FM 90.5
  • Radio Namakwaland
  • Bok Radio
  • ATKV
  • FAK
  • AfriForum
  • Kanonkop Wyne

Dankie aan al die instansies wat ons help om van die veldtog ‘n reuse sukses te maak. Ons waardeer jul ondersteuning!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.