Die film- en teaterwêreld wink vir Robert

Robert Hindley

Robert Hindley

Robert Hindley van Hoërskool Waterkloof het onderskeidings in Afrikaans, Engels, wiskunde, lewensoriëntering, fisiese wetenskappe, dramatiese kunste, Frans en inligtingstegnologie verwerf.

Sy pa, André, is ʼn projekbestuurder en konsultant en sy ma, Sonja, is ʼn persoonlike assistent. Sy broer, Stefan, is nog op skool.

Hy gaan dié jaar BA drama en teaterstudie aan die Universiteit Stellenbosch aanpak. Hy droom daarvan om in die film- of teaterbedryf in te gaan en moontlik ook klasse of afrigting aan te bied.

Robert skryf sy akademiese sukses toe aan genetika en harde werk. Hy glo ʼn mens moet voluit lewe met respek en liefde en altyd jou humorsin behou. Hy kyk op na Nelson Mandela vir sy onvoorwaardelike liefde en medemenslikheid.

Robert erken hy is ʼn kultuurmens. Hy wen die toekenning vir beste akteur in verskeie kompetisies – onder meer by die Tshwane-toneelkompetisie – en eindig 16de in die land by die nasionale toneelkompetisie. Hy was kaptein van die skaakspan.

Hy beskryf homself as ʼn onvoorspelbare mens met ʼn voorliefde vir drama en kuns. Hy sê:

Ek probeer altyd oopkop wees en optree vanuit ʼn liefdevolle perspektief. Tog is ek baie krities en kan onregverdigheid nie verdra nie.

Sy beste eienskap is die feit dat hy ongelooflik aanpasbaar is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Ruan Benadie ·

‘n Man duisend met planne wat die wêreld gaan skok . Alles gesê in n positiewe sin . 7 jaar terug sou ons in ons wildeste drome nie kon se dat die lewe so uitgedraai het nie . Tog kan ek darm eendag vir my kinders se , ” daai man was pa se beste vriend !” Best wishes for the man himself … Sterkte Robbie

Marie Louise ·

Aan n trotse jongman,reeds van Skoolkonserte het jy uitgeblink,in jou skoolwerk altyd n wenner,uitdagings pak jy aan met alles wat in jou is,ek bid jou alles van die beste toe vir jou toekoms,Andre en Sonja,daardie seun wat byna voor ons opgegroei het is enige ouer se trots,bou so voort as uithaler ouers…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.