Die Grootste Afrikaner gaan Aardklop toe!

Jy het genomineer en kom stem en nou, tydens die finale fase, gaan die finalist dit in lewende lywe uitspook!

Maroela Media hou, in samewerking met die FAK, ‘n gesprekreeks by Aardklop om die Top 10 in die Grootste Afrikaner van Alle Tye-veldtog teen mekaar op te weeg en te verdedig. Jy word hiermee hartlik uitgenooi om dié gesprekke by te woon!

Net soos op die webwerf, gaan ons die gesprekke in drie verskillende kategorieë verdeel: Histories, Eietyds en Fiktief.

Die gesprekke, wat die vorm van ‘n debat gaan aanneem, vind daagliks om 17:00 in die Cachet Kleinteater in Potchefstroom plaas.

Hiermee die volledige program:

2 Oktober
Paul Kruger (verteenwoordig deur Flip Buys, uitvoerende hoof van Solidariteit) vs. Koos de la Rey (verteenwoordig deur Jackie Grobler, historikus van UP).
Gespreksleier: Kobus du Pisani, historikus van die Noordwes Universiteit

3 Oktober
MER (verteenwoordig deur Danie Langner, uitvoerende hoof van die FAK) vs. CJ Langenhoven (verteenwoordig deur Johannes Froneman, professor in joernalistiek aan die Noordwes Universiteit en redakteur van die webblad mediamense.co.za)
Gespreksleier: Kobus du Pisani, historikus van die Noordwes Universiteit

4 Oktober
Steve Hofmeyr (verteenwoordig deur Kallie Kriel, uitvoerende hoof van Afriforum) vs. Riaan Cruywagen (verteenwoordig deur Jaco Kirsten, bekende joernalis)
Gespreksleier: Niekie van den Berg, voormalige radio-omroeper, onder meer as aanbieder van Sê Wie op RSG

5 Oktober
Laurika Rauch (verteenwoordig deur Tinus Esterhuizen, musiekregisseur) vs. Mimi Coertse (verteenwoordig deur Johann Botha, televisie- en radio-aanbieder, onder andere van RSG se program Dis Opera)
Gespreksleier: Niekie van den Berg, voormalige radio-omroeper, onder meer as aanbieder van Sê Wie op RSG

6 Oktober
Liewe Heksie (verteenwoordig deur Franci Greyling, kinderboekskrywer en dosent in skryfkuns aan die ATKV-Skryfskool) vs. Haas Das (verteenwoordig deur Lochner de Kock, musikant en akteur) Gespreksleier: Carel Trichardt (akteur en stem agter die gewilde kinderkarakter Knersus)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.