Die Grootste Afrikaner van Alle Tye: Uitklophou!

KLIK HIER om jou gunsteling NOU in die finale rondte te ondersteun!

Na ‘n taai stryd boksgevegte op die webwerf en bekgevegte by Aardklop, kan ons nou met trots die finaliste in die veldtog aankondig!

In die historiese kategorie dring Paul Kruger en CJ Langenhoven onderskeidelik deur en kom hulle nou, in die finale rondte, teen mekaar te staan. In die eietydse kategorie sê Steve Hofmeyr en Laurika Rauch mekaar nou die stryd aan.

Liewe Heksie het haar besem afgeskuur, haar punthoed reggetrek en met haar toonpunt in die grond staan en sirkeltjies trek toe sy vir Haas Daas uitgeklop het! Liewe Heksie is by Clover Aardklop Nasionale Kunstefees aangewys as die Grootste Afrikaner van Alle Tye in die fiktiewe kategorie.

Onthou jy moet weer in dié rondte kom stem as jy jou stuiwer in die armbeurs wil gooi oor wie die gesogte titel verdien. Alle finaliste begin weer met ‘n skoon bladsy, en stemme uit die vorige rondte word nie hierby ingereken nie.

Klik hier om nou te stem, jy het net tot 18 Oktober kans om seker te maak dat jou ikoon as die wenner uit die stryd tree!

Die stembus vir die vorige rondte het Saterdagaand, 6 Oktober 2012 om 00:00 gesluit en hier is die skermskote van die onderskeie gevegte se finale getalle:




ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Marin ·

Baie geluk aan Steve. Jammer Riaan, ma Steve met sy oa 25 cd’s, Dvd’s (soos bv Toeka1 en Toeka2 waar hy hulde bring aan ons generasie se sangers) 7 boeke, verskeie digbundels, flieks, tv-reekse, SAMA toekenings, Aktivis vir Afrikaner regte,.. Ens, ens, ens. Te veel om te noem. Verdien jy dit om sover dié kroon te dra en mag jou ondersteuners jou tot in die finaal dra. Om op te som : Steve IS die nuus, Steve MAAK die nuus en Riaan, wel Riaan LEES die nuus wat Steve MAAK. Ons is trots op jou Steve en sien uit om jou in die volgende ronde weer te ondersteun..

Carole ·

Maar Steve sou nooit gekom het waar hy vandag is nie as dit nie vir ‘n “baan breeker” soos Laurika Rauch was nie. Dit wat Laurika vermag het EN steeds doen vir Afrikaans en met Afrikaans en steeds IN suiwer Afrikaans, maak sonder enige twyfel dat Laurika verdien om DIE grootste Afrikaner van alle tye kroon te dra! So as jy bevoorreg is om ‘n Laurika “fan” te wees wys jou ” Afrikaner” kleure en stem vir Laurika…ek is seker ons kan Steve se aanhangers behoorlik uit stof! (Met mening en met “Eish!”)

Marius ·

Op die kampvegter gebied beteken Laurika ‘n mooi ronde nul! Sy is soos Riaan, doen dalk baie vir Afrikaans en Afrikaanse musiek (in haar geval), maar net mooi niks op enige Afrikaner gebied nie. Dit gaan nie oor wie doen die meeste vir Afrikaans nie (wat Steve in elk geval ook loshande wen nie), maar oor wie doen die meeste vir die Afrikaner. Dus, Steve gaan wen! Hou die spasie dop!

Onregverdig ·

Kan ons nie ‘n manier kry om die stemme van Steve se kinders en kleinkinders buite rekening te laat nie. Riaan het mos nie ‘n regverdige kans as hulle almal stem nie :).

Sylvia Siemens ·

Baie baie geluk Steve, so baie baie bly dit is nie Riaan kruiwa nie, hy behoort nie eens op die lys te gewees het nie.

Baie geluk Laurika, jy is ‘n kosbare skat en skat vir ons land.

Gerta Labuschagne ·

Ai, ek weet nie hoekom die mensdom nie Steve se kinders uit die prentjie wil los nie? (Los die man se sekslewe vir sy binnekamer!)

Ons stem hier vir die ikoon wat vir die Afrikaner en Afrikaans n kampvegter is. Ten alle tye, en alle gebiede opstaan, baklei, brue bou, paaie maak, en vermaak in ons moedertaal. n Afrikaner op wie ons trots is.
Dankie Steve vir als wat jy vir volk en vaderland doen.

Ons geniet jou boeke, gedigte, liedjies, sang, jou ” looks” en wens om meer van jou te he. Jy VERDIEN om wenner te wees!!!!

Lank lewe Steve!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.