Die see, tee en mooi patrone maak slimkop Ané gelukkig

Ane laaiAné Kritzinger van die Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria het agt onderskeidings behaal in die 2015 matriek-eindeksamen. Sy spog met onderskeidings in Afrikaans, Engels, wiskunde, lewensoriëntering, Frans, rekeningkunde, fisiese wetenskappe en inligtingkunde.

Ané gaan vanjaar Bsc chemie aan die Universiteit van Pretoria studeer. Haar ousus, Mieke Kritzinger, studeer tans oudiologie aan dieselfde universiteit.

Haar resep vir sukses is eenvoudig: harde werk, elke dag.

Ané beskryf haarself as ʼn gedrewe, vriendelike, passievolle persoon. Haar familie en vriende speel ʼn belangrike rol in haar lewe. “Ek glo in regverdigheid en om alle mense dieselfde te hanteer.” Haar rolmodel is Jesus Christus, daarom wil sy elke dag alles doen tot eer van God.

Wanneer sy nie voor haar boeke sit nie, geniet sy dit om fliek te kyk en te lees.

“Die see, tee en mooi patrone maak my gelukkig.”

Ané is boonop allermins ʼn akademiese wrak: Sy het op skool graag hokkie gespeel en het in 2015 erekleure vir kultuur gekry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.