Elizabeth droom daarvan om ʼn dokter te word

ElizabethElizabeth Labuschagne van Hoërskool Paarl Gimnasium het agt onderskeidings ingepalm in matriek – in Afrikaans, Engels, wiskunde, fisiese wetenskappe, lewenswetenskappe, lewensoriëntering, ingenieursgrafika en ontwerp asook Frans.

Elizabeth gaan medies studeer aan die Universiteit van Stellenbosch.

Sy skryf haar akademiese sukses toe aan die liefde en ondersteuning van haar ouers. “Hulle moedig my al van kleins af aan. Ek sou my akademiese drome nooit kon bereik sonder hulle nie.” Dis haar ma, Sonja, wat haar grootste rolmodel is: “Sy is uiters talentvol, veelsydig en het ʼn hart van goud. As ek soos sy is as ek ouer word, sal ek baie gelukkig wees.”

Elizabeth was verledejaar hoofdogter, redaktrise van die skoolkoerant (Die Sollie) en is sedert gr. 8 ʼn VLR-leier by haar skool. Sy geniet kookkuns, rolskaatsry en speel graag viool.

Elizabeth glo nietemin in ʼn goed gebalanseerde lewe.

“Ek is op my gelukkigste tussen familie en vriende, met branders wat breek in die agtergrond.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.