Elrike glo in harde werk en toewyding

ElrikeElrike Hugo van die Hoërskool Brandwag in Uitenhage sê beplanning, harde werk en toewyding is haar resep vir haar akademiese sukses. Duidelik werk dit want sy het onderskeidings behaal in Afrikaans, Engels, wiskunde, lewenswetenskappe, fisiese wetenskappe, rekeningkunde en lewensoriëntering.

Sy gaan vanjaar BSc menslike bestuurswetenskappe studeer aan die Universiteit Stellenbosch.

Elrike, voormalige hoofmeisie van Brandwag, beskryf haarself as  ʼn goed gebalanseerde tiener. Sy was sedert gr. 8 dux-leerling van haar skool en was ook ʼn eerstespan-hokkiespeler.

Haar ma, Helena, is ʼn onderwyseres en is iemand wie se onbaatsugtigheid Elrike bewonder. “My ma is die hardwerkendste mens wat ek ken en niks is ooit vir haar te veel moeite nie.”

In haar vrye tyd neem sy deel aan moderne dans en speel ook graag kitaar.

Elrike glo die lewe skuld haar niks nie.

“Dit wat ek in die lewe wil hê, moet ek self kry deur toewyding en harde werk.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Realis ·

Elrike is ‘n geniale en dinamiese vrou.
Ek wens net meer Suid Afrikaners wil haar leuse hul eie maak. Wat jy van die lewe kry is slegs dit wat jy daaruit neem. Meisiekind, ek glo en vertrou jy sal jou plek in die samelewing met totale oorgawe en toewyding volstaan.
Ons het meer Elrikes en Mericias in hierdie land nodig. Doe zoo voort.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.