Graad teer die pad van kinderhuis tot balie

Rochelle_04_Virseker.jpeg

Rochelle Pieters (foto verskaf)

Rochelle Pieters gesels met my op ʼn drafstap – uitasem ná ʼn dubbelskof by die restaurant waar sy kelnerin is. Hierdie derdejaar Tukkie-student onderhou haarself met die fooitjies wat sy verdien en kan daarom nie lank stilstaan om te gesels nie; tussen klasse, kelnerwerk en kêrel sny sy dit reeds baie fyn.

“Dis moeilik om werk en swot te balanseer, dit hou mens se voete stewig op moeder aarde!” lag sy. Maar ek hoor die vasberadenheid en ambisie in haar stem, ambisie wat in die Jakaranda Kinderhuis ontkiem het en volgende jaar, wanneer sy haar LLB-graad verwerf, vrug sal dra.

Rochelle se ouers was nie in staat om na haar en haar twee broers en drie sussies om te sien nie. “Toe my ma die keuse gehad het om ons kinderhuis toe te stuur, het sy besluit dit sou die beste vir ons wees – en dit was. Ons het baie meer geleenthede gekry as wat ons andersins sou,” vertel sy.

Die kinderhuis het vir Rochelle die stabiliteit en koestering gebied wat sy as agtjarige dogtertjie nodig gehad het. Haar 13 huismaats het soos sussies gevoel en sy het ʼn sagte plekkie in haar hart vir hulle, asook die maatskaplike werker en die huistannies wat haar oor die jare versorg het, totdat sy ná matriek haar vlerke kon sprei.

“Die kinderhuis het soos ʼn normale huishouding gefunksioneer. Ons het vroegoggend opgestaan, saam ontbyt geëet, reg gemaak vir skool. Na skool het ons buitemuurse aktiwiteite gehad en dan nog een of ander na-uurse aktiwiteit by die kinderhuis ook, soos skubaduik, fietsry, Bybelstudie – die lys hou net aan!”

Sy onthou hoe tannie Sarie, een van die maatskaplike werkers wat haar van die begin af ken, gesien het dat Rochelle die potensiaal het om dit ver in die lewe te bring, maar onseker was oor watter koers om in te slaan. “Ek het nie geweet wat ek na skool wou doen nie. Tannie Sarie het my ʼn aanlegtoets laat doen, wat gewys het dat ek ʼn regsberoep kan volg. Aan die begin wou ek Regte swot om kinders te help omdat ek by die kinderhuis gesien het waardeur hulle gaan, maar ek dink ek sal te emosioneel betrokke raak en dit sal my onderkry.”

Kommersiële reg het toe haar aandag getrek. Dis ʼn veelsydige veld en daar is baie werksgeleenthede in dié rigting. Sy glo ook sy kan steeds ʼn verskil maak as sy in bankreg spesialiseer. “Baie mense weet nie waarvoor hulle hul inlaat as hulle by ʼn finansiële instansie aanklop nie en ek wil dié wat onwetend slagoffers van banke word, graag help.”

Omdat haar ouers nie in die finansiële posisie was om vir haar studies te betaal nie, het sy in 2015 deur Solidariteit om ʼn studielening aansoek gedoen. ʼn Lening van die Virseker Trust maak dit nou vir haar moontlik om haar droom om advokaat te word na te jaag.

“Ek hoor gereeld van studente wat klaar studeer maar wat ongelooflik baie skuld aan instansies wat ʼn belaglike hoë rentekoers op hulle lenings plaas. Die Virseker Trust het daardie enorme las vir my heelwat ligter gemaak deur vir my ʼn rentevrye lening te bied wat ek eers hoef terug te betaal sodra ek my graad gekry het,” vertel sy.

Haar ouers woon in Daspoort, Pretoria, en hulle sien mekaar gereeld. “Ek kan my ouers se trots en dankbaarheid nie beskryf nie. Hulle weet dat ek nie sonder die Virseker Trust sou kon studeer nie.”

Rochelle_04_Virseker.jpeg

Rochelle en haar vriend, Tian (foto verskaf)

Haar kêrel van die afgelope drie jaar, Tian, is ewe trots op haar. Tian het sy graad in Toerismebestuur verwerf en is nou ʼn eiendomsportefeuljebestuurder. Hulle beplan om te trou sodra hulle in hul beroepe gevestig is en wil dan ook met ʼn gesin begin. Hulle is albei trotse Suid-Afrikaners en sien nie hul toekoms op enige ander plek nie.

Nagraadse studies is ook deel van Rochelle se toekomsplanne, maar sy vat dit dag vir dag. “Ek sal direk nadat ek graad gevang het moet begin werk omdat ek myself onderhou; so dit gaan bietjie langer vat om die nagraadse kwalifikasie te voltooi, maar ek wil dit graag doen.”

Die fondament wat Jakaranda Kinderhuis gelê het, maak dit vandag vir Rochelle moontlik om te floreer. Sy het nog kontak met ʼn hele paar van haar kinderhuisvriende en sy gesels ook gereeld met tannie Sarie en haar laaste huistannie, tannie Madelein, wat nou op Viljoenskroon woon. Tannie Madelein het ʼn groot verskil in haar lewe gemaak.

Die pad na sukses is die meeste van die tyd moeilik, maar Rochelle glo waar daar ʼn wil is, is daar ʼn weg. “As jy hard genoeg werk is enige iets moontlik. Hoe harder jy werk, hoe meer gaan jy die eindresultate waardeer.”

  • Maroela Media en die Virseker Trust werk saam om Afrikaanse onderwys en ander Afrikaanse inisiatiewe te ondersteun. Kry ʼn verpligtingvrye Virseker-kwotasie.
  • Virseker is ʼn produk van Auto & General Versekeringsmaatskappy, ʼn gemagtigde finansiëlediensteverskaffer. B’s & V’s geld. (FDV-lisensienommer: 16354)

Wen ʼn bootreis!

Neem deel aan Maroela Media se kompetisie en staan ʼn kans om ʼn bootreis saam met Groot FM te wen. Bepalings en voorwaardes geld. Lees meer.

Oops! We could not locate your form.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

AW ·

Aan die ander en of mede “Kinderhuis kinders” – uithou en aanhou !!!

STILL STANDING
“Maybe somethings don’t get better,
but we do.
We get stronger.
We learn to live with our situation
as messy and ugly as they are.
We fix what we can,
and we adapt to what we can’t.
Maybe some of us will never
be fully okay,
but at least we’re here.
We’re still trying.
We’re doing the best we can,
that’s worth celebrating too.”

If you are reading this,

Congratualations,

Through Mercy and Grace,

You are still standing !!!

Let Hope / Faith / Love be your foundation !!!

AREND ·

Baie mooi gedoen Rochelle. Dit is net ‘n bewys dat kinderhuis kinders ook bo in die lewe kan uitkom en nie nodig het om vir enige ander kind terug te staan nie. Ek myself was in ‘n kinderhuis en weet presies hoe hard ‘n mens moet werk om bo uit te kom. Baie sterkte met jou pad vorentoe en mag jy al jou drome waar word.

AW ·

THE FOUR AGREEMENTS

1. BE IMPECCABLE WITH YOUR WORD
Speak with integrity.
Say only what you mean.
Avoid using the word to speak against
yourself or to gossip about others.
Use the power of your word in the
direction of truth and love.

2. DON’T TAKE ANYTHING PERSONALLY
Nothing others do is because of you.
What others say and do is a projection
of their own reality, their own dream.
When you are immune to the opinions
and actions of others, you won’t be the
victim of needless suffering.

3. DON’T MAKE ASSUMPTIONS
Find the courage to ask questions and
to express what you really want.
Communicate with others as clearly as
you can to avoid misunderstandings,
sadness, and drama.
With just this one agreement, you can
completely transform your life.

4. ALWAYS DO YOUR BEST
Your best is going to change from
moment to moment; it will be different
when you are tired as opposed to
well-rested.
Under any circumstance, simply do
your best, and you will avoid self-
judgment, self-abuse, and regret.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.