Hendrik pak die lewe aan met selfvertroue

HJHendrik van der Poll van die Hoërskool Waterkloof het agt onderskeidings – in Afrikaans, Engels, wiskunde, lewensoriëntering, rekeningkunde, fisiese wetenskappe, geskiedenis en ekonomie – ingepalm.

Sy ouers, Breggie en André, is albei dosente aan Unisa en hy hoop om eendag in hulle voetspore te volg en ʼn chemie-dosent te word.

Hendrik beskryf homself as iemand wat baie hard kan werk en wat oor natuurlike leierseienskappe beskik. Hy glo dat ʼn mens nie op ander moet staatmaak vir jou geluk nie.

“Jy is die enigste persoon wat vir jouself die lewe lekker kan maak.”

Volgens hom is selfvertroue sy beste eienskap en sy swakste dat hy soms pessimisties kan wees.

Hendrik het in gr. 11 en matriek die vakprys vir beste presteerder in ekonomie gewen. Daarby is hy ʼn belowende operasanger.

Hendrik het ʼn jonger suster, Saretha, wat nog op skool is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.