Ilse gryp elke geleentheid aan

IlzeIlse Gravett van Hoërskool Hans Strijdom in Naboomspruit is ʼn positiewe denker wat elke geleentheid wil aangryp. Sy het pas onderskeidings in Afrikaans, wiskunde, lewensoriëntering, lewenswetenskappe, ingenieursgrafika en ontwerp, fisiese wetenskappe en musiek behaal.

Sy gaan vanjaar BSc dieetkunde aan die NWU in Potchefstroom studeer.

Ilse skryf haar akademiese sukses toe aan haar toewyding en hope harde werk.

Haar rolmodel is haar pa, Wynand, wat ʼn produksiebestuurder is by Spif Beleggings. “Ek sien op na my pa omdat hy ʼn baie wyse mens is.” Haar ma, Marina is ʼn wiskunde-onderwyseres.

Ilse is baie lief vir musiek en het haar gr. 7 praktiese klaviereksamen met lof geslaag. Sy doen ballet en het ook hokkie gespeel tydens die AVS se Bokkieweek.

Haar lewensfilosofie is:

“Die lewe is soms soos ʼn wipwaentjierit wat op én af gaan. Jy kan óf bang wees, óf die rit geniet.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Vossie Vosloo ·

Mooi Ilse.
Jy het ‘n positiewe filosofie op die lewe. Sterkte met jou studies. Maak ‘n verskil daar buite!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.