Impak se topmatrikulant spog met vyf onderskeidings

Impak-2015-top-Kayla-Torrinha

Kayla Torrinha van Krugersdorp is Impak Onderwys se topmatrikulant van 2015. Foto: Verskaf.

[promosie-artikel]

Impak se topmatrikulant van 2015 is Kayla Torrinha, wat met vyf onderskeidings spog. Sy het sedert 2013 by die Epsilon Academic Support Centre in Krugersdorp, Gauteng, skoolgegaan. Kayla het onderskeidings behaal in Afrikaans eerste addisionele taal, lewensoriëntering, wiskundige geletterdheid, lewenswetenskappe en toerisme. Sy het ook ’n spoggerige 79% behaal vir Engels eerste taal.

Kayla se tutor, Helene Constanti, is baie trots op Kayla se prestasie. “As die hoof van Epsilon Academic Support Centre asook die graad 12-tutor, is ek baie trots op Kayla se prestasie. Ek wil haar gelukwens omdat sy ’n jong vrou is wat baie hard werk en altyd haar beste lewer. Sy het merkwaardige prestasies in 2015 bereik. Sy was die senior dux-leerling aan die einde van die akademiese jaar en sy was ook die meisie van die jaar. Kayla het keuring gekry om sielkunde aan die Universiteit van Pretoria te studeer. Ek weet sy sal baie suksesvol wees in alles wat sy aanpak. Geluk Kayla, jy is ons ster!”

Kayla skryf haar sukses toe aan harde werk, toewyding en die ondersteuning van haar ma, broer en vriende.

Impak-2015-top-Stephanie-van-Zyl

Stephanie van Zyl. Foto: Verskaf.

Kort op Kayla se hakke is Stephanie van Zyl, met vier onderskeidings in Afrikaans eerste taal, Engels eerste addisionele taal, lewensoriëntering en lewenswetenskappe. Stephanie was haar hele skoolloopbaan lank in die Môrester Akademie in Vanrhynsdorp in die Wes-Kaap en haar matriekuitslae span die kroon op baie jare se puik akademiese prestasie. Sy is van graad 4 af elke jaar aangewys as die skool se toppresteerder in akademie en in 2014 is sy aangewys as Impak se akademiese toppresteerder van die jaar.

Stephanie gaan BScAgric Wingerd- en Wynkunde aan die Universiteit van Stellenbosch studeer.

Impak-2015-top-Marianka-Schonfeldt

Marianka Schönfeldt. Foto: Verskaf.

Marianka Schönfeldt, van Middelburg in die Oos-Kaap, het onderskeidings behaal in Afrikaans eerste taal, lewensoriëntering en rekenaartoepassingstegnologie. Marianka is ’n tuisskolier wat sedert 2009 ’n Impakker is. Sy sê haar wenresep vir die eindeksamen was toegewyde harde werk, deursettingsvermoë en streng ouers sonder wie se liefde en ondersteuning haar prestasie nie moontlik sou wees nie.

Sy gaan nie vanjaar studeer nie en vertrek binnekort na Amerika waar sy vir ’n jaar lank as au pair gaan werk.

Volgens Stefan Botha, hoofbestuurder van Impak, het 398 Impak-kandidate in 2015 die nasionale senior sertifikaat-eksamen geslaag, met 73 onderskeidings tussen hulle. “Ons is ongelooflik trots op al ons matrikulante vir hul harde werk en toewyding. Impak wil hulle gelukwens met hul besonderse resultate en wens hulle alles van die beste toe vir die toekoms.”

“Ons sal voortgaan met ons visie om ons kandidate met die akademiese kennis, asook die beroepsvaardighede wat hulle as volwassenes benodig, toe te rus,” het hy bygevoeg.

  • Impak is in 2002 gestig as ’n kurrikulumverskaffer vir tuisonderrigleerders. Die maatskappy het oor die afgelope 14 jaar merkwaardige groei ervaar en het in 2014 hul aanbieding uitgebrei om ’n wye reeks opvoedkundige produkte en dienste aan skole en tutors in te sluit. Impak diens tans ongeveer 10 000 leerders en meer as 400 skole en tutors regoor Suid-Afrika. PSG Private Equity, ’n 100% filiaal van die PSG Groep, besit ʼn meerderheidsaandeel in Impak.

Artikel verskaf deur Impak Onderwys

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.