Joannie skryf sukses toe aan God se genade

Joanie Joannie Muller van Hoërskool Bothaville in die Vrystaat het sewe onderskeidings behaal – in Afrikaans, Engels, wiskunde, rekeningkunde, fisiese wetenskappe, lewenswetenskappe asook lewensoriëntering. Sy gaan vanjaar BSc kwantitatiewe risikobestuur studeer aan die NWU in Potchefstroom.

Sy skryf haar sukses toe aan die Here se genade en die ondersteuning van haar familie. Haar ma, Frances, is haar rolmodel. “My ma is Superwoman. En boonop is sy nederig en liefdevol. Ek wil eendag net soos sy wees.”

Joannie was hoofmeisie, koshuisprefek, VCSV-kringleier, redaktrise van haar skool se koerant en het ook vir die eerstespan netbal gespeel. Sy is aangewys as die dux-leerling van haar skool en het ʼn toekenning vir veelsydigheid ontvang.

Joannie is op haar gelukkigste wanner sy by haar vriende of familie is. “Ek koester die verlede, leef in die hede en hoop op die toekoms.” Sy hou van fliek en verloor haarself maklik in ʼn lekker boek.

Haar lewensfilosofie eggo die woorde van Filippense 4:13:

“Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.