Liche glo ʼn mens moet streef na iets beter

Liche Nel

Liche Nel

Liche Nel van die Hoërskool Menlopark spog met onderskeidings in al agt haar vakke – Afrikaans, Engels, wiskunde, lewensoriëntering, fisiese wetenskap, rekeningkunde, Duits en rekenaartoepassingstegnologie.

Haar pa, Len, is ʼn bestuurder by die Harvest Group en haar ma, Michelle, is ʼn regsekretaresse.

Ná ʼn vakansie in Kaapstad beplan dié slimkop om aktuariële wetenskap te gaan studeer aan die Universiteit Stellenbosch.

Liche gaan fliek graag, veral saam met haar sussie en vriendinne. Haar suster, Milene, is in gr. 10. Wanneer sy tyd het om te ontspan geniet sy dit om verskillende sportsoorte op televisie te volg, veral as dit atletiek, rugby of tennis is.

Sy probeer ook om daagliks, wanneer sy tyd het, die nuus dop te hou om op datum te bly van die goed wat in ons wêreld gebeur. Sy hou van fietsry en geniet dit om te lees.

Haar lewensfilosofie is:

Ek glo dat ʼn mens bó jou omstandighede, ongeag wat dit is, moet streef na iets beter.

Sy beskou haar ouers as die rolmodelle by wie sy elke dag iets kan leer en sy sê hulle speel ʼn groot rol in wie sy as mens is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.