Lindi glo ʼn mens moet die wêreld probeer verander

Lindi Van Eyk

Lindi van Eyk van Hoërskool Fichardtpark het agt A’s losgeslaan – in Afrikaans, Engels, lewensoriëntering, lewenswetenskappe, fisiese wetenskappe, rekeningkunde, wiskunde en geskiedenis.

Lindi se pa, Gerhard, is ʼn lektor en haar ma, Carin, ʼn bestuurder. Sy het ook ʼn jonger broer,

Dian, wat verlede jaar in gr. 7 en dux-leerder van sy laerskool was. Lindi was ook van gr. 8 tot 11 dux-leerder van haar skool.

Ná ʼn vakansie in Mosselbaai beoog Lindi om BRek te gaan studeer aan die Universiteit van die Vrystaat. Sy wil graag haar honneursgraad verwerf en ʼn geoktrooieerde rekenmeester word.

Lindi stel baie belang in geskiedenis. Sy het die Anglo-Boereoorlog-olimpiade twee jaar na mekaar gewen – in 2015 en 2016. Verlede jaar het sy sewende plek behaal in die SA lewenswetenskappe-olimpiade.

Sy hou daarvan om TV-reekse te volg en tyd deur te bring saam met haar gesin en vriende.

Sy skryf haar sukses toe aan harde werk, goeie onderwysers en hope ondersteuning van haar ouers. Sy sê haar sterkste punt is haar deursettingsvermoë en haar swakste eienskap is haar vrees om ander teleur te stel.

Lindi het ʼn positiewe uitkyk op die lewe. Sy is nie bang om anders as ander te wees nie. Sy glo dat ʼn mens die wêreld moet probeer verander, solank die wêreld jou nie verander nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.