Maroela Media se ateljee is nou vir jou beskikbaar!

 ateljee_dienste_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Wou jy al ooit vir jou geliefde ʼn boodskap met musiek in die agtergrond opneem? Het jy as onderwyser al gewens jy kon vir jou dramastudente blootstelling gee in ʼn drama-ateljee waar ʼn kort drama opgeneem kan word? Wil jy jou graag jou produk op radio bemark, maar is onseker waar om dit te doen? Wil jy vooraf aankondigings opneem wat tydens ʼn fees op jou dorp herhalend uitgesaai kan word? Maroela Media se ateljee is nou vir jou beskikbaar!

Die volgende dienste is beskikbaar:

Opneem van advertensies

Maroela Media bied ʼn volledige advertensie-opname pakket aan ter waarde van R1 000.  Dit sluit die volgende in:

  • 1 x stem wat deur Maroela Media verskaf word
  • musiek (waarop geen tantieme betaalbaar is nie)
  • redigering
  • lewer advertensie af in MP3-formaat teen 320Kbps (stereo)

Opneem van boodskappe, aankondigings

Dié diens word aangebied teen R450 per opname. Dit kan die volgende insluit:

  • ’n boodskap vir Valentynsdag of jou huwelikseremonie
  • begrafnisboodskap
  • aankondigings by geleenthede
  • skole wat kort dramas wil opneem
  • enige ander aankondiging/boodskap wat jy graag wil opneem

Die volgende word hierby ingesluit:

  • musiek
  • redigering
  • lewer boodskap af in MP3-formaat teen 320Kbps (stereo)

Vir enige navrae, stuur ʼn e-pos aan Maroela Media se ateljeebestuurder: Marius Vermaak by [email protected]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.