Hierdie oud-leerder van Hoërskool Reitz, Corné Pretorius, het met nie minder nie as agt onderskeidings geslaag. Hy was tydens die eksamen op sy gemaklikste in sy kamer, waar hy hom in sy leerwerk kon verdiep. Dit is nou as sy kat, Herbie, hom kans gegee het om te konsentreer.
Sy droom vir 2019 is om as eerstejaarstudent by Kovsies met sy mediese studies te begin.