Matriek-video 2018:  Carla is gefokus

Die lang ure wat sy agter haar lessenaar deurgebring het, het vir Carla Smit nie minder nie as agt onderskeidings in die sak gebring.

Sy is een van daardie tieners wat optimaal funksioneer in ʼn netjiese en rustige omgewing. Hoewel die geraas van motors wat verby die huis ry, hul ses honde se geblaf en sosiale media Carla se aandag soms tydens die eksamen afgetrek het, het sy haar nooit vir lank van stryk laat bring nie. ʼn Lekker koppie koffie of ʼn koekie van haar ma het haar op koers gehou, terwyl haar vriende en onderwysers se ondersteuning haar geïnspireer het om skouer aan die wiel te sit. Carla is ʼn oud-leerder van Hoërskool Waterkloof en haar droom is om medies te studeer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.