Jean Brink, oud-leerder van Hoërskool Waterkloof, is ʼn sentimentele siel. Die lessenaar waaragter hy ingeskuif het om sy skoolloopbaan te voltooi, is die einste lessenaar wat sy pa ook deur sý skoolloopbaan gedra het. Al die ure wat hy agter dié lessenaar deurgebring het, het dividende gelewer en Jean spog met sewe onderskeidings.
Sy vierpotige meisie, Bubbles, het hom die meeste tydens die eksamen geïnspireer. Jean wil graag BSc Plant-en Grondwetenskappe aan die Universiteit van Pretoria studeer. Hy hoop dat hy eendag ʼn verskil kan maak op die gebied van herlewingslandbou.