Matriek-video 2018: Medies ʼn jarelange droom

Lissette van Niekerk, oud-leerder van Hoërskool Centurion, se sewe onderskeidings het nie net in haar skoot geval nie.  ʼn Huis vol klank en kleur het gemaak dat Lissette tydens die eksamen so ʼn bietjie harder moes konsentreer om gefokus te bly. Tog het sy sukses behaal danksy haar ma se ondersteuning en die feit dat sy en haar niggie saam studeer het.

Haar jarelange droom is om medies te studeer. Daarom het sy vir ʼn BSc-graad aansoek gedoen, waarna sy na medies gaan oorskakel om sodoende haar groot droom te bewaarheid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.