Rievan Lombard, oud-hoofseun van Hoërskool Centurion, het te midde van die uitdaging om ʼn gesonde balans te handhaaf, ses onderskeidings gekry. Dié prestasie bewys dat hy tog genoeg ure agter die boeke deurgebring het.
Sy atletiekafrigter is sy inspirasie en rolmodel na wie hy opkyk en by wie hy ook baie lewenslesse leer. Rievan is baie opgewonde om in 2019 by Campbell Universiteit in Amerika te gaan studeer, waar hy ook sy atletiek verder gaan beoefen.