Kayleigh Victor, trotse oud-matrikulant van Hoërskool Monument, spog met nege onderskeidings – ten spyte daarvan dat sy ʼn kamer met haar jonger sussie moes deel. Beide van hulle moes vir nege vakke studeer. Volgens Kayleigh kon dinge nogal bietjie rof raak op administratiewe gebied met so baie vakke, maar sy en haar sus het mooi kop bo water hou.
Die grootste uitdaging vir Kayleigh tydens die eksamen was om met elk van haar sestien vraestelle vol energie en gemotiveerd te bly. Om Chemiese Ingenieurswese by die Noordwes-Universiteit te gaan studeer is vir haar ʼn hartsaak. Sy is kinderlik opgewonde oor dié nuwe hoofstuk in haar lewe.