Matriek-video 2018:  ʼn Passie vir tale

Erika Bos is nie verniet as Hoërskool Centurion se akademiese duxleerder vir 2018 aangewys nie. Sy het bewys sy verdien dié toekenning deur onderskeidings in ses vakke te kry!

Vir Erika was die eindeksamen nie altyd maklik nie. Sy was op ʼn stadium siek en moes twee vraestelle op een dag skryf. Dit was regtig moeilik, maar sy het deurgedruk.

Dié sprankelende meisie wil graag BA Taal- en Literatuurstudie aan die Noordwes-Universiteit studeer. Terselfdertyd wil sy ook haar dramalisensiaat by die Akademie vir Drama en Kuns voltooi. Om dinge nog interessanter te maak wil sy ook Nederlands en Duits baasraak en sommer nog gebaretaal ook onder die knie kry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.