Matrieks 2018: Registreer nou om kennisgewings te ontvang

Maroela Media het drie jaar gelede geskiedenis gemaak as die eerste Afrikaanse aanlynplatform om die matriekuitslae te publiseer. Vanjaar maak ons weer só.

Maroela Media kan vir jou ʼn kennisgewing stuur om jou te laat weet wanneer die matriekuitslae op ons webwerf gepubliseer is. Vul die vorm hieronder in. As jy jou e-posadres en selfoonnommer verskaf, sal ons vir jou ʼn e-pos en SMS stuur.

Jy kan ook die “Maroela Matrieks”-app aflaai wat jou in staat sal stel om jou matriekuitslae direk op jou foon te kry.  Die Maroela Matrieks-app is beskikbaar vir Android- en iOS-slimfone.

Die departement van onderwys gaan dalk nie leerders se name verskaf nie en matrikulante moet hul eksamennommer intik om hul uitslae te sien.

Matrikulante kan met die onderstaande vorm registreer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae