Medies wink vir Pta-slimkop

Carene AgenbachCharene Agenbach van die Hoërskool Oos-Moot in Pretoria het nege onderskeidings in matriek behaal.

Die slimkop het A’s in Afrikaans, Engels, wiskunde, lewensoriëntering, rekeningkunde, lewenswetenskappe, fisiese wetenskappe, toerisme en besigheidstudies.

Charene gaan vanjaar medies by die Universiteit van Pretoria studeer en hoop om haar later as pediater te bekwaam.

Sy sê sy wil later navorsing oor patologie doen. “Ons weet nie genoeg van oorerflike siektes nie.”

Charene skryf haar sukses aan die ondersteuning van vriende en familie toe. “Dit is belangrik om ʼn balans in die lewe te hê.”

Pa Coenrad is ʼn omgewingsbestuurder en ma Carene ʼn besigheidsrisikobestuurder.

“Mens leef net een keer, so mens moet die beste daarvan maak,” is Charene se leuse.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Ben ·

Hierdie meisie is so slim sy moes ‘n Negenbach gewees het. Wel gedaan meisie!

Martlie Allan ·

Ons is so trots op jou Cherene!! Ons kinders is self oosies! Ons weet jy het eintlik 10 onderskeidings -vir Alpha- wiskunde ook! Welgedaan jong!!

Mariette ·

Charene die Oosies is trots op jou! Jy is ‘n uitblinker Oosie!! Daar wag ‘n ongelooflike toekoms op jou….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.