Mediese loopbaan wink vir Harm

Harm van Jaarsveld

Harm van Jaarsveld van Hoërskool Menlopark het onderskeidings verwerf in al agt sy matriekvakke: Afrikaans, Engels, wiskunde, lewensoriëntering, fisiese wetenskap, lewenswetenskappe, rekeningkunde en musiek.

Sy pa, Jan-Harm, is ’n prokureur en sy ma, Elmie, ’n onderwyseres. Hy sê sy pa is sy rolmodel, want hy is altyd nederig en het sterk morele waardes.

Harm het reeds keuring gekry om medies aan Tukkies te gaan studeer.

Benewens sy akademiese prestasies het Harm ook deelgeneem aan debats- en redenaarskompetisies.  Hy het ook deelgeneem aan die Afrikaanse ekspo en was vir twee jaar na mekaar wenner van die gedigtekompetisie. Harm het ook op die skool se matriekraad gedien.

Harm het sy Unisa gr. 7-klavierkwalifikasie verwerf en speel ook graag kitaar. In gr. 10 het hy deel geword van ʼn serenadegroep wat goed presteer het en op verskillende plekke opgetree het. Hy het die groep begelei en is besonder trots op dié groep waarvan hy ook die leier was.

In sy vrye tyd kweek hy bonsai.

‘n Mens weet nie altyd nie, maar God weet altyd,

is sy lewensfilosofie. Hy skryf sy prestasies toe aan harde werk, goeie gene en die genade van God. Hy beskryf homself as ʼn stil, skaam mens wat maklik van die slegte vergeet en die goeie onthou. “Ek help graag ander mense,” sê hy.

Hoewel sy uithouvermoë hom goed te pas kom, meen hy wat hom kan pootjie is die feit dat hy goed soms te veel analiseer en oordink.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.