MER vs CJ Langenhoven

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

toks niemand ·

MER Het my baie pak op skool laat kry oor haar resitasies, so ek moet maar vir C>J stem, al is dit dan net oor die grootste song van alle tye se woorde!!!

Rita ·

CJ Langenhoven se humor in sy werk maak hom ‘n ware Afrikaner!

Willem Frost ·

MER was merkwaardig, formidabel en n ware inspirasie, maar miskien moet die stem maar gaan vir Sagmoedige Neelsie – n taalstryder, politikus, skrywer en digter wat uitgetroon het.

A.Willemse ·

Langenhoven se sêgoed het dit aan ons verstand gebring dat ons ‘n sêtaal het wat vir geen ander taal hoef terug te staan nie.

Delene Pienaar ·

Verseker CJ Langenhoven vir die skryf en toonset van Die Stem!

Renie ·

As kind het Langenhoven se verhale vir my oneindige ure se plesier verskaf. Selfs vandag nog kan ‘n mens sy verhale geniet. Dankie

Eben ·

Dis jammer dat hierdie twee teen mekaar te staan moes kom in hierdie peiling. MER is ‘n reus in ons letterkunde, skaamteloos Afrikaner en het as vrou baie gedoen om stereotipes te breek. Sy verdien haar top tien plek in ons peiling.
Langenhoven is natuurlik so belangrik vir ons geboortejare, veral as taal, dat meeste van die ander ikone ‘n kans sou kon staan teen hom.
Ek stem vir CJL, maar hoop dat MER dit ook sal maak!

Bert Wessels ·

Langenhoven se sêgoed soos: Dis nie ‘n kuns om dood te gaan nie, almal kry dit reg. Dit is ‘n kuns om te bly lewe, niemand kry dit reg nie, is dinge wat ek so geniet het van hom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.