ʼn Derde ingenieur vir die Hohbach-gesin

Annika Hohbach

Annika Hohbach

Annika Hohbach van Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria het nege onderskeidings behaal. Sy het A’s in Afrikaans, Engels, wiskunde, fisiese wetenskappe, musiek, geskiedenis, rekeningkunde, lewensoriëntering en Duits.

Haar ouers, Heinz en Janie, is albei ingenieurs en Annika wil in hul voetspore volg en elektroniese ingenieurswese studeer aan die Universiteit van Stellenbosch. Sy wil dit gebruik as ʼn basis om ʼn mediese fisikus te word wat wetenskap toepas in die mediese veld om ernstige siektes soos kanker te diagnoseer en te behandel. Sy het ook ʼn ouer broer, Heinrich, wat verlede jaar sy BCom Informatika voltooi het.

Sy gaan haar vakansie op Kenton-on sea in die Oos-Kaap deurbring.

Hierdie veelsydige meisie het fluit gespeel in simfonieorkeste, in ʼn koor gesing en deelgeneem aan ruitersport.

Sy het vir vyf jaar akademiese erekleure gekry en was vir vier jaar Affies se kategoriewenner in vreemde tale. Sy is op eisteddfods as kategoriewenner bekroon vir solo sang en het op die nasionale eisteddfod die ambassadeurstoekenning vir sang (duet) verwerf. Sy het ook vir vf jaar Gauteng-kleure in ruitersport verdien.

Haar ouma is haar rolmodel, want sy doen so baie dinge so goed en is nooit bang om iets nuuts te probeer nie.

Haar geheim vir sukses is harde werk en deursettingsvermoë. Sy glo hoe meer ʼn mens doen, hoe meer kan jy doen. Annika se beste eienskap is dat sy nie maklik opgee nie en sy skerts dat sy nie goed met administrasie is nie.

Ek leef en streef met ʼn visie vir my lewe, gekoester in God se hand.

Lees berigte oor ander toppresteerders hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.