Nederige Lara spog met nege onderskeidings

LaraLara Loock van Hoërskool Waterkloof in Pretoria het nege onderskeidings ingepalm in matriek. Sy het A’s behaal in Afrikaans, Engels, wiskunde, lewensoriëntering, rekeningkunde, Frans, fisiese wetenskappe, inligtingstegnologie en besigheidstudies.

Lara gaan vanjaar aktuariële wetenskappe studeer aan die Universiteit Stellenbosch.

Sy was verlede jaar op die leerlingraad en tweede op haar skool se lys van akademiese top-presteerders. Sy was ook ʼn klarinetspeler in die skool se orkes. Lara het netbal gespeel en sê dat sy dit geniet om in haar vrye tyd saam met haar geliefdes te wees.

Haar ma, Elmarie, is haar grootste rolmodel. “Sy is die sterkste vrou wat ek ken en het my al deur talle moeilike tye gedra.”

Lara is dankbaar teenoor haar hemelse Vader vir die talente wat Hy vir haar gegee het en sê dit is die sleutel tot haar akademiese sukses.

Haar lewensmotto is:

“Streef na uitnemendheid in alles wat jy doen en bly nederig wanneer jy presteer, maar ook positief as jy misluk.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.