Oorsee? Kom huis toe met Cell C: Stem nou vir die semifinaliste

cellc-kom-huis-toe-stemnou-artikel-welliesLET WEL: Die stemvorm is onderaan hierdie bladsy.

Van oumas en oupas wat nog nooit hul kleinkinders ontmoet het nie, tot dogters wat nog nooit hul skoonfamilie gesien het nie. Van oumas wat tevrede moet wees met Skype tydens teepartytjies met hul kleingoed en broers en susters wat mekaar jare laas gesien het.

Maroela Media, Cell C en gemeenskapsradiostasies landwyd het honderde inskrywings gekry van gesinne wie se geliefdes oorsee woon, en wat hulle genomineer het om ʼn Suid-Afrikaanse Kersfees te wen ter waarde van R200 000.

Dit was ʼn moeilike besluit, maar die beoordelaarspaneel in samewerking met die onderskeie deelnemende gemeenskapsradiostasies, het uiteindelik die onderstaande lys van semifinaliste saamgestel.

Jy kan nou kom kies vir jou gunsteling: is dit die persoon wat nog steeds ná al die jare sy eie droëwors en biltong maak, die gesin wat ʼn dooprok oorsee gepos het om darem net deel te kon voel van die feestelikheid, die kinders wat nog steeds Afrikaans in die huis praat of die kleinspan wat nog nooit kaalvoet op Afrika se grond geloop het nie?

Jy het slegs kans tot 2 November om 11:59 vm. om vir jou gunsteling te stem. Elke persoon kan slegs een keer stem – moedig dus gerus al jou vriende aan om ook te kom stem!

Uit dié lys van semifinaliste word sewe finaliste gekies wat dan uiteindelik gaan meeding om uiteindelik as die wenner aangewys te word.

Daarna word daar gekonkel met wenner se aangewese kontakpersoon en die geliefdes oorsee sodat die wenner onbewus is van die groot verrassing wat op hom of haar wag. Cell C borg vier vliegkaartjies en sodra die geliefdes in Suid-Afrika land, gaan ons aan die persoon se deur klop met dié groot verrassing! Maroela sal gereed staan met kameras om die reünie te verfilm, sodat al ons lesers kan deel in die vreugde.

Stem dus vir die gesin wie se reünie jy graag wil sien!

As deel van die Oorsee? Kom huis toe met Cell C-kompetisie reël ons boonop vir die wenner saam met hul familie en vriende hier in Suid-Afrika, ʼn Kerspartytjie ter waarde van R60 000 waartydens die bekroonde Afrikaanse kunstenaar, Coenie de Villiers, as gaskunstenaar sal optree – wat ʼn wonderlike prys!

Al die semifinaliste in die eerste ronde van die kompetisie wen ʼn slimfoon met die komplimente van Cell C.

Die totale waarde van die Oorsee? Kom huis toe met Cell C-kompetisie is sowat R200 000.

Nota: As jy nie die stemvorm onderaan die groep name sien nie, klik asseblief op CTRL + F5 om die bladsy te verfris (“refresh”)

Klik op die naam om die persoon se verhaal te lees:

[whistles type=”toggle” group=”kom-huis-toe-2016-stem-1″ order=”ASC” orderby=”name” limit=”-1″]

Oops! We could not locate your form.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.