Oorsee? Kom huis toe met Cell C: Stem nou vir die wenner

cellc-kom-huis-toe-stemnou-artikel-welliesLet wel: Die stemvorm is gesluit.

Hul Kerswens is om mekaar hierdie jaar te kan vashou.

Ons het al lang trane gehuil saam met finaliste wie se familielede oorsee bly – en nou is dit jóú kans om te kan kies wie die gelukkige wenner gaan wees. Jy kan in hierdie ronde van die Oorsee? Kom huis toe met Cell C-kompetisie kies wie se reünie jy graag wil sien.

Uit die honderde inskrywings wat ons ontvang het, het ʼn paar semifinaliste deurgedring in ʼn eerste ronde stemme en nou is dit die finale ronde stemme: een van hierdie sewe finaliste se gesinne gaan bederf word met vier vliegtuigkaartjies om in Suid-Afrika te kom kuier.

Word deel van die stories: word meegevoer in hul verlange en hartseer. Lees van die geliefde oorsee wat net weer ʼn bietjie Afrikaans wil praat; lees van die ouerpaar wat nege jaar lank nie ʼn enkele kleinkind hier in Suid-Afrika gehad nie. Een finalis se hartewens is ʼn familiefoto, nog een wil net haar geliefdes kan vashou. Lees van die dooprok wat 10 000 km ver gestuur is, omdat dit ʼn gesinskat is en die Skype-teepartytjies wat nie meer genoeg is nie.

Maroela Media, Cell C en gemeenskapsradiostasies moet nou ʼn waardige wenner kies van gesinne wie se geliefdes oorsee woon, en wat hulle genomineer het om ʼn Suid-Afrikaanse Kersfees te wen ter waarde van R200 000.

Jy het slegs kans tot Vrydag, 11 November om 11:59 vm. om vir jou gunsteling te stem. Elke persoon kan slegs een keer stem – moedig dus gerus al jou vriende aan om ook te kom stem!

Sodra die stemme gesluit het, word daar gekonkel met die wenner se aangewese kontakpersoon en die geliefdes oorsee sodat die wenner onbewus is van die groot verrassing wat op hom of haar wag. Cell C borg vier vliegkaartjies en sodra die geliefdes in Suid-Afrika land, gaan ons aan die persoon se deur klop met dié groot verrassing! Maroela sal gereed staan met kameras om die reünie te verfilm, sodat al ons lesers kan deel in die vreugde.

Stem dus vir die gesin wie se reünie jy graag wil sien!

As deel van die Oorsee? Kom huis toe met Cell C-kompetisie reël ons boonop vir die wenner saam met hul familie en vriende hier in Suid-Afrika, ʼn Kerspartytjie ter waarde van R60 000 waartydens die bekroonde Afrikaanse kunstenaar, Coenie de Villiers, as gaskunstenaar sal optree – wat ʼn wonderlike prys!

Klik op die naam om die persoon se verhaal te lees, nog foto’s en selfs hier en daar video’s te sien, sodat jy die beste stem kan uitbring:

[whistles type=”toggle” group=”kom-huis-toe-2016-stem-2″ order=”ASC” orderby=”name” limit=”-1″]

Oops! We could not locate your form.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.