Paul Kruger vs. Koos de la Rey

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

toks niemand ·

Jy kan enige Suid afrikaner vra wie Koos De L is en hulle weet van hom. Baie min onthou nog die naam Paul Kruger!!!!

Rita ·

Hoera vir Oom Paul!Praat net van die famous Kruger Ponde (waarna almal nog soek) en almal weet skielik wie Oom Paul is!!!

izak van ZYl ·

Genl Da a Rey was vir my die beste simbool van oorlewing en vryheid in ons geskiedenis. Sy bydrae tot ‘n vrye Suid Afrika in die boere oorloe het getuig van dapperheid, wysheid en “committment”. Hy is ook saam met die boere profeet Siener van Rensburg die enigste ikoon wat na amper 100 jaar weer hoofnuus in ‘n moderne generasie geword het. Die liedjie Da la Rey het opnuut ‘n volkstrots ontketen na ‘n byne identiteitskrisis wat die boervolk beleef het sedert 1994. Ons almal sal weethoe dit is sonder ‘n identiteit indie land. Sonder ‘n identiteit sal ons nooit weer kan opstaan en verklaar dat onsook ‘n plek onder die son het nie. Juis die nuut gevonde identtiteit is die katalisator van ‘n herlewing en die inlui van ‘n nuwe boere renaisance

iemand wat jou ken ·

Paul Kruger het basies die land aan die engelse gegee na Koos de la rey en baie ander manne hul lewe gewaag het om die land te hou in die afrikaner se hande Paul Kruger het gevlug toe hy sien daar is moelikheid in die land watse tiepe mens is hy!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Delene Pienaar ·

Hoor!! Hoor!! Stem 100% saam met jou! ‘n Runner! Hy het gemaak…..soos wat baie ander nog in die toekoms gaan maak! Weg Hardloop……in stede van baklei en die wa deur die drif trek!

Delene Pienaar ·

Dis ook net “golddiggers” wat skaamteloos in die Krugermiljoene belang stel! Die res van ons fokus op INTEGRITEIT en KARAKTER!

Genl Koos de la Rey se EERBARE karakter word weerspieël in sy EIE woorde aan Pres. Paul Kruger: “Ek sal my plig doen soos die Volksraad verlang, en u sal my nog in die veld aantref lank nadat u en die spul wat met hulle monde oorlog voer, die land uitgevlug het!” En, dit was inderdaad so! ‘n Man van sy WOORD en ‘n persoon wie se woord, Sy EER was!

Dit is nie sonder rede dat hierdie IKOON se sterk karakter en nagedagtenis in ‘n Afrikaanse Treffer verewig is nie!

Renie ·

Van al die keuses was dit vir my die moeilikste, maar Koos de la Rey is vir ons die simbool van dapperheid en ‘n ware volksheld.

Jan de la Rey ·

Glo nie daar is baie wat kan vertel dat hulle DRIE van die top 10 Afrikaners as familie het nie!
Genl de la Rey (oupa grootjie se broer), Riaan cruywagen (klein neef) en natuurlik Haas Das!

Hennie Prinsloo ·

Vriende ek lees al die kommentaar en in sommige gevalle debatte oor die twee reuse in ons geskiedenis. Eerstens wil ek vir u se dat enigiemand wat Paul Kruger n lafaard noem ken nie sy geskiedenis nie. Ja, dit is so dat genl de la Rey tot die bitter einde geveg het en inderdaad met groot dapperheid en eer, maar Paul Kruger het dwarsdeur sy lewe vir die Voortrekker, Boervolk en Afrikaner geveg en onderhandel. Hy was n ware volksleier en terwyl dit vir my ook n ontsettende moeilike keuse was moet ek vir Paul Kruger stem. En vir die vriende wat vir die Generaal gestem het dankie hy is n ware held.

Annalene ·

Danksy oom Paul se insig, jare voor sy tyd, het ons die Kruger Wildtuin, wat nog altyd, en hopelik vir ‘n lang tyd nog, die ligpunt in donker Afrika is.

Gertjie Christie ·

Werklik mense, as jy die geskiedenis van Oom Paul en Gen Koos ken sal jy besef dat jy nie een van hulle kan afkraak nie. Elkeen was ‘n besonderse leier op sy gebied. So was daar ook Gen Christiaan de Wet wat mynsinsien nog ‘n groter held was in die 2de Vryheids oorlog. Oom Paul was op 25 jarige ouderdom alreeds op politieke front ‘n skakel in die vryheidsstryd! Lees die geskiedenis van ons leiers wat wie vir hoeveel jare vir die Boervolk se voortbestaan en onafhanklikheid gebaklei, gestry en gely het. Mense wat praat van lafaards van die manne, ken nie hul geskiedenis nie en ek kan vir hul ‘n klomp werklike lafaards se name noem. Ek eer ons waardige leiers van weleer! Ek salueer jou Oom Paul!

John Yssel ·

Ek stem vir Koos de la Rey want hy het van Paul Kruger gese dat hy lankal uit die land sal wees en dan sal hy wat Koos is nog in die veld wees om te veg. Paul Kruger is ook beskuldig van nepotisme deur oa Eugene Marais en baie mense wonder tot vandag toe oor wat van die Kruger miljoene geword het.

Gerhard Kok ·

Dit is tog droewig dat ons eie mense so verdeeld is oor volkshelde uit ons verlede. Koos de la Rey én Paul Kruger was albei groot geeste in ons geskiedenis, maar was steeds net mense en beide het hul eie foute gemaak. Diegene wat hier openlik Paul Kruger se karakter afkraak en hom tipeer as lafaard, verkondig net hulle eie onkundigheid oor ons geskiedenis en die verloop van Paul Kruger se ballingskap in Europa. Mense, gaan bestudeer weer die geskiedenis en behou respek vir julle voorgeslagte, maar moenie mense tot ‘ikone’ verhef nie. Neem die goeie uit wat hulle gedoen het, maar leer ook uit hulle foute! In die Skrif word bv. nie net gewys op Koning Dawid se geloof nie, maar sy sondes word ook uitgespel. Steeds was hy ‘n man van God,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.