Regsloopbaan wink vir musikale Vicko

VickoVicko Venter van Potchefstroom Gimnasium in Noordwes spog met agt onderskeidings. Hy het presteer in Afrikaans, Engels, wiskunde, lewensoriëntering, fisiese wetenskappe, lewenswetenskappe, geografie en ingenieursgrafika en ontwerp.

Vicko beplan om BCom regte te gaan studeer aan die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom of die Universiteit van Kaapstad, afhangende van waar hy toelating kry.

Hy stel belang in poësie en het ʼn liefde vir musiek. Vicko het sy gr. 6-klaviereksamen met lof geslaag by die Trinity College of Music. Boonop het hy hokkie gespeel vir sy skool se eerstespan, vir die Noordwes- provinsiale hokkiespan en vir die wenspan in die National Schools’ Moot-kompetisie.

Vicko se pa, Pierre, is ʼn mediese dokter en sy grootste rolmodel.

Hy glo dat sy harde werk en God se genade die redes is vir sy akademiese sukses en beskryf homself as ʼn optimistiese persoon. “Ek is ʼn eerlike en gemotiveerde mens en sal altyd bereid wees om harder te werk en myself te verbeter.” Dis miskien daarom dat hy oortuig is:

“Hoe meer jy doen, hoe meer kan jy doen.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.