Riaan Cruywagen vs. Steve Hofmeyr

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Johanna ·

Moeilike een hierdie, albei trek sterk. Maar Steve bly maar bo-aan my lysie. Go Steve!!

Nagapie ·

Ek het selfs Cruywagen se stem op my GPS. Wie anders sal ek na luister terwyl ek bestuur en glo as hulle my vertel om die tweede uitgang links te neem?

Pieter ·

Twee baie sterkes sommer in die eerste slag. Stem jy met jou hart of jou verstand

toks niemand ·

As jy kruiwa se mombakkies afhaal sal jy sie dit lyk soos iemand uit die volgende eeu!!Steve doen darem iets prakties vir die afrikaanssprekende, Riaan probeer net die swart taal uitsprake namaak dat dit eindelik belaglik is!!!

Rita ·

Steve skroom nie om sy mond oop te maak en vir Afrikaans te veg nie.

Mari Venter ·

Steve veg baie meer vir ons taal en kultuur en behoud as Riaan!

Marius Vermaak ·

Steve Hofmeyr is beslis die grootste eietydse Afrikaner. Hy doen baie vir ons taal, kultuur, erfenis en ons volk. Riaan Cruywagen lees net die nuus – dis dit! Ek kan nie sien hoe dit hom die grootste eietydse Afrikaner maak nie?!

Estelle ·

Steve is nie bang om sy stem te laat hoor om vir die Boer en Afrikaans te veg nie.
Ons kort beslis baie meer manne met soveel “guts”

Vanessa ·

Wat doen Riaan eintlik behalwe om nuus te lees? Steve doen baie meer vir taal, volk en vaderland.

Lydia van der Kooy ·

Nee wat, ek kan eerlikwaar nie eendag vir my kinders se dat Steve Hofmeyer een van die grootste figure/rolmodelle van die Afrikaner is nie. Ek stem vir Riaan omdat ek opkyk na hom, dieselfde geloof en waardes as hy deel en hom kan vereenselwig met wie die Afrikaner was en is.

izak van ZYl ·

Riaan is ‘n simbool van standvastigheid en deurstteingsvermoee en het ‘nwarmte wat geen Afrikaanssprekende sonder wil klaarkom in hulle huise nie. As Riaan nie nuus lees nie,is ek sommer omgekrap, want dis asof sy teenwoordigheid my die troos gee dat ten spyte van al die slegte nuus,alles oukei sal wees. Steve is plastiek!!!

Ronel ·

As Riaan se stem die dag stil rak op TV, sal die volk rou oor ‘n geliefde wat verteenwoordigend van die volk op die kassie was. A Steve die dag ophou mammas jag, sal baie mans rustiger slaap! Jy hoef nie in die openbaar te vwees om jou “ding” vir volk en nasie te doen nie! Riaan verteenwoordige alles wat mooi en edel is!!! Welgedaan Riaan!!!

Marolien ·

Daar is min mans (eintlik suid afrikaners) wat vir ons land, vir Afrikaans en vir ons Volk doen wat Steve doen. Dit gaan nie net hier oor sy musiek of sy stem nie, maar oorwat hy vir ons as suid afrikaners doen! Ons kan doen met nog sulke mense!

Mari Venter ·

Riaan lees net nuus! Steve staan op vir ons taal, ons kultuur , ons behoud! Dit gaan nie oor sy sang nie.

Talitha Botha ·

Jammer Riaan maar daar kan maar net 1 wenner wees en dit sal Steve wees, jy praat miskien baie goed afrikaans maar Steve het al soveel vir Afrikaans gedoen en ek weet hy sal voortgaan. As daar maar meer mense soos Steve was sou die Afrikaner dalk beter kon saamstaan. Dankie Steve hou so aan jy is altyd ‘n wenner.

magda ·

…en as Riaan ophou nuus lees sal ek dit nie eers agter kom nie – so wat is die verskil ?
Steve is die beste….

Renie ·

Steve jy maak die lewe vir ons so interessant. Jy is so talentvol en daarby ‘n kampvegter vir Afrikaans. Dankie

Sarie ·

Riaan Cruywagen, was van die eerste dag op TV vir my die besonderste mens en tot vandag bly hy vir my besonder. Maar Steve Hofmeyr is, absoluut DIE Afrikander van ons tyd. Ek wens ons het meer sulke Afrikaners in ons land gehad.

Sarie ·

Riaan Cruywagen was van die eerste keer wat hy op TV was, ‘n besondere mens, en is vandag nog steeds ‘n uitstaande persoon. Maar Steve Hofmeyr is DIE AFRIKANER van ons tyd. Goeie werk gedoen Steve, go man go !!!!

Sandra ·

Steve staan op vir sy nasie, wens net al die Afrikaners was so trots soos hy, hy laat ‘n mens voel dat jy nog moet en kan baklei om ‘n plekkie vir ons blankes in Suid-Afrika kan he!

Lallie ·

Groot verskil tusen Riaan en Steve. Riaan lewer…net nuuslees. punt. Steve se doen en talent is legio. Dankie vir n Steve Hofmeyr. Ek is bly ek kan dit as n afrikaner se.

Ja de la Rey ·

Glo nie daar is baie wat kan vertel dat DRIE van die top 10 Afrikaners as familie het nie!
Genl de la Rey (oupa grootjie se broer), Riaan cruywagen (klein neef) en natuurlik Haas Das!

Christo Botha ·

Albei hierdie manne staan groot en doen groot dinge vir Afrikaans. Riaan miskien net meer agter die skerms as hy nie in ‘n borrelbad vol mooi meisies met sy kerkpak aan karjakker nie. Ek sal tog sê Steve is ‘n kortkop voor!

Delene Pienaar ·

Dawid Minnaar het die volgende oor Eugene Marais gesê: “‘n Volk lewer net een keer in 50 jaar ‘n persoon soos Eugene op! ‘n Ikoon wat met Leonardo da Vinci vergelyk word!” Dieselfde beginsel geld vir STEVE HORFMEYR!

Steve is die IKOON van die moderne Afrikaner!! Hy is ‘n TROTSE AFRIKANER wat nie skaam is oor sy herkoms en/of verlede nie! Sy Volk se Geskiedenis, Taal en Kultuur is sy trots! Sy interaksie met sy Volksgenote hou hom in voeling met sy volk se drome, vrese en ideale! Hy is bereid om sy STEM te laat geld, staan op vir sy Volk belange en hy handhaaf met trots sy Volk se Kulturele erfenis en verseker dan ook op so manier, dat sy volk se Kulturele Erfenis, Taal en Geskiedenis kan voortbestaan!

Hy erken en versorg NIE net sy kinders nie! Hy is die trotse pa van 5 kinders met wie hy elkeen ‘n persoonlike en trotse verhouding het! Agter elke man staan ‘n vrou, en agter Steve staan sy Boeremeisie Janine, wat saam met hom die Volk se belange op die hart dra!

Dr Verwoerd het eenkeer gesê …..”As ‘n mens se lewe gespaar word, dan is dit omdat jy ‘n taak het om te vervul!” Steve het destyds sy siekbed oorleef, omrede hy nog vir groot dinge bestem is! Steve het homself reeds as LEIER bewys, en sy taak en missie gaan wees om sy Volk in die toekoms deur baie stormagtige tye te lei. Hy huiwer en skroom ook NIE om dit te doen nie! Gevolglik is hy die titel “Grootste Afrikaner van alle Tye” 100% waardig! Viva Steve!

RONEL TALJAARD ·

Ek moes ‘n middeljarige tante, Rose, toe ‘n matrone by die JHB General, (90’s) na een van Steve se shows toe vergesel. Sy het my rooi lipstiffie geleen en sy voertuig se kant spieels gesoen. Hy het niks daarvan geweet nie maar afgestap na haar toe tydens die show, en aan haar geraak. Sy’t letterlik gebloos soos ‘n tiener en amper beswyk van hiperventilasie. Riaan het ongelukkig geen uitwerking op ons vrouens nie. Steve was en is ‘n sexy der duiwel.

Delene Pienaar ·

Met alle respek – Riaan IS reeds volksbesit! Maar, ongelukkig – nuus lees alleen, los nie die Boervolk se probleme op nie! Die naweek se gebeure, was weereens “an eye opener” !! Ons het GEEN ander keuse as om saam te staan nie! Dis nou of nooit! Ons het ‘n leier nodig om ons deur en uit hierdie gemors te kry, en Steve het homself REEDS as Leier bewys!

Steve beskik oor ‘n besondere sterk persoonlikheid en uitsonderlike leierseienskappe, wat nodig is om die volk saam te snoer! Voeg daarby ‘n bekwame span wat Steve adviseur – mense wat insluit: drs. Dan Roodt, Dirk Hermann, Pieter Mulder, Kallie Kriel, Willie Spies, Henk van der Graaff en Paul Kruger van die VVK en ander OPREGTE Afrikaners wat bereid is om hulle stemme te verhef en op te tree in belang van die Afrikaner! Dis ons enigste en laaste uitweg!

Ilse van Wyngaard ·

Steve is die beste! Baie mense lewer komentaar en rig opinies oor toestande in die land, maar niemand se wat hulle voel hardop nie! Steve het nie op sy bek geval ni, hy se wat hy wil, wanneer hy wil en soos hy wil. My dogtertjie van 5 is ‘n groot Steve fan, en soos sy sal se as hy op tv is of iewers in media verskyn: Mamma kyk, Steve is mos die BAAS VAN DIE PLAAS!
So Steve, jy is Baas van die plaas, voorstaander vir die Afrikaner, uitstekende kunstenaar en my kind se held. Dit is vir my meer as genoeg rede om te stem vir Steve as Grootste Afrikaner van alle tye!

Maureen Henn ·

Riaan is beslis ‘n ikoon maar Steve, met sy wye belangstelling en toere deur S.A., is daagliks in kontak met ‘n baie breë ouderdoms groep Afrikaners van alle rasse en daarom dink ek beskik hy oor die vermoë om op hierdie tydstip as Die Grootste Afrikaner gekies te word.

Rhona Smith ·

Steve is vir my die wildeloot – uigesproke en sê sy sê. Sy musiek is WOW!! Sy liefde vir sy land en mense is amazing en hy stuit nie vir die duiwel nie!!
Steve vir President!!

Ps: Hy is nou nie n man wat my kniee lam maak nie – en is ook nie aantreklik vir my nie!! (sorry Steve) maar jou stem ..en jou windgatgeit pure rebel…I like! :-))

Elsabe Brink ·

Ek hou baie van Riaan, maar Steve staan 100% bo hom uit. Steve is al klaar n ikon in ons land, hy veg vir Afrikaans, staan sy man en vat geen nonsens nie. Dan sing hy nog baie mooi ook. Nee Steve moet wen, daar is geen ander wenner nie. You go Steve

Jeanette Jacobs ·

‘n Baie moeilike keuse as dit by vroue se keuse moet kom. maar hier moet ek nou nie Steve dink.
Oom Riaan het saam met ons kassie gekom, hy bring die nuus net soos op Haas Das se nuuskas. Altyd deftig geklee soos die oomies van die kerk.
Steve, jy kom saam met “agter elke man” jou taal was nie ten wense, jou beeld was rebels, menslik is jy ‘n jagter, nie ‘n goeie voorbeeld vir ons jeug…..so het ek Steve en Oom Riaan leer ken. Jammer Steve mal oor jou wat jy vir ons volk en land doen, goeie pa vir baie kinders, maar voorbeeldig nie. Oom Riaan kry my stem hier, jammer maar as jy nou getaan het teen bou ‘n volk, of ‘n nuwe rugby span, het jy my stem gewen.

Veronica Filgate ·

Riaan ken ons maar op die SAUK nuus op TV af maar dis waar dit einding! Daar is niks wat hy DOEN om te wen nie, in teenstelling met Steve wat as ‘n trotse Afrikaner van Afrikaanse Afkoms opstaan vir ons Afrikaanse taal, ons Afrikaanse kultuur, Afrikaanse Kuns en veral vir ons land Suid Afrika. Nie almal het die moed van hulle oortuiging om in die openbaar te se Hiervoor staan ek nie en Steve Hofmeyer staan nie net op nie, maar veg daarvoor dat die slagting en hartseer op plase en ander mense oumense jongmense kinders babas wat vermink en vermoor word, in die buiteland bekend raak sodat die buiteland kand ‘sien’ wat die waarheid is agter die genocide in Suid Afrika! Dankie Steve vir al jou harde werk en opofferings! Jy word waardeer, veral hier in die buiteland onder die expats in Aus. NOG NOOIT het ek vir RIAAN hoor se ek laat my stem hoor vir my mede Afrikaners nie! Al die pad agter jou STEVE!!! Sterkte vir more!!! Steve mag ons altyd jou stem hoor deur die mooi Afrikaanse woorde in jou liede wat ons harte aanraak. Jy is ‘n wenner verseker

Mariera Johnstone ·

Steve jy kan maar, jy kan sing,praat,skryf,baklei en tee gooi, net nie koffie nie want koffie is boeretroos. Me tals en wat nog klou ons steeds vas aan jou,want jy is wie jy is, nie aangeplak nie

ina ·

Steve jy is ons stem, in alle opsigte sang, opstaan vir jou mense, jy is ‘n man so na ons harte <3 jou

Marius Vermaak ·

Mooi man! Ons kon stem tot 6 Oktober (dus middernag). Dis nou 2012/10/07 om 01:13AM – en raai wat!? Steve het in sy kategorie gewen! Hy het 1652 stemme teenoor Riaan se 1578 stemme! Ek kon nie wag om by die huis te kom om te sien wie dié kategorie gewen het nie – ek het die troue omgewens… Ek is veral trots op Liewe Heksie. Wie sou nou ooit kon dink het dat ‘n karakter uit ons kinderdae soveel opslae sal maak. Ek dink Liewe Heksie verdien om weer op tv uitgesaai te word… Arme MER Rothman! Eina! Maar ek moet bieg, ek het ook geen idee wie sy is nie.

Kitty Venter ·

Steve bly vir my die wenner wat ookal gebeur! Hy is die EEN ‘celeb’ wat uithaal en wys. Hy gaan stap vir ons doelwitte en maak sy stem dik wanneer nodig. Hy is en bly ‘n nederige mens. En hoeveel ander Afrikaanse mense ken jy wat so ‘n groot gevolg het? Hetsy FB of Twitter. Ek glo Steve sal wen. Hy bly vir altyd my held!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.