Rudolf streef daarna om altyd sy beste te lewer

RudolfRudolf Verryne van Hoërskool John Vorster in Pretoria het onderskeidings behaal in Afrikaans, Engels, wiskunde, lewensoriëntering, fisiese wetenskappe, elektriese tegnologie, ingenieursgrafika en ontwerp en inligtingstegnologie.

Hy gaan vanjaar BSc aktuariële en finansiële wiskunde aan die Universiteit van Pretoria studeer.

Rudolf is gesteld op die korrektheid van feite en beskou homself as iemand wat logies, rasioneel en krities is. “My ouers het my altyd laat verstaan dat my beste goed genoeg is,” sê hy. “Daarom het ek selfvertroue om vrae te vra en goed te ondersoek.”

Benewens die feit dat hy van gr. 8 die dux-leerling was en ook sy skool se no. 1-tennisspeler, was Rudolf sy skool se beste Afrikaanse redenaar en het hy vierde plek behaal in die Pretoria Moot-redenaarskompetisie.

“Ek bewonder die entrepreneur en eerste Suid-Afrikaanse ruimtevaarder, Mark Shuttleworth. Hy het skatryk geword deur sy kop te gebruik.”

Rudolf beskryf homself as kompeterend en doelgerig. “Dit maak nie saak of dit ʼn tenniswedstryd of  ʼn speletjie in die swembad is nie, ek moet my beste lewer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.