Seminaar: Kleinsakesukses in moeilike tye

sakeliga-nuwe-logo

Foto: Verskaf.

Die eerste Sakeliga Kleinsakeseminaar word binnekort in Centurion aangebied. Sakeliga, in samewerking met Maroela Media en die South African Council for Small Business, bied op 16 Oktober dié geleentheid te Leriba Hotel aan.

Die tema van die dag is “Winsgewende kleinsakebestuur – die sleutel tot sakesukses”. Aanbiedings en aanbieders sluit in kenners soos prof. Tommy du Plessis, direkteur van die Potchefstroom Sakeskool, en die digitale-span van Maroela Media, oor nuwe ontwikkelinge op die gebied van digitale bemarking en sosiale media.

Die uitvoerende hoof van Sakeliga, Piet le Roux, sê die seminaar is gerig op sakelui wat in moeilike ekonomiese omstandighede na nuwe vorme van doeltreffendheid en winsgewende bestuur wil kyk.

“Sakelui in klein- en middelslagondernemings moet dikwels vele verantwoordelikhede gelyk hanteer, en dit met ʼn klein span werknemers. In moeilike ekonomiese omstandighede is die insette van ʼn paar topkenners soms net wat nodig is om ʼn volgende vlak van doeltreffendheid en winsgewendheid te bereik. Dit is die doel van die Sakeliga Kleinsakeseminaar, in samewerking met die South African Council for Small Business en Maroela Media.

“Die seminaar sal vir ʼn verskeidenheid sakelui uitstekende waarde bied, van diegene in gevestigde klein- of middelslagondernemings tot hulle wat dit tans dalk nog net oorweeg om die wêreld van selfstandige entrepreneurskap te betree,” vervolg Le Roux.

Slegs 40 kaartjies is beskikbaar, teen ʼn prys van R500 vir Sakeliga-lede en R1 000 vir nie-lede. Die prys sluit verversings, middagete en ʼn kaas-en-wyn-afsluiting in.

Kaartjies kan hier bespreek word of per e-pos na [email protected]. Vir navrae, bel gerus Karen Hewitt by 012 8801951.

Besonderhede:

Datum: 16 Oktober 2018
Plek:    Leriba Hotel, Centurion
Tyd:     08:00 vir 08:30

Sprekers en onderwerpe:

  • Die rol van ʼn jokkie – Tommy du Plessis
  • Waarom “is jy in” of “wil jy” ʼn eie onderneming besit? – Tommy du Plessis
  • Wanneer kan jy jouself of jou onderneming as “suksesvol” beskou? – Carl Aucamp
  • Geheime van digitale bemarking en sosiale media – Susan Lombaard en die Maroela Media-span
  • Wat kan jy nou doen om nog meer “suksesvol” te wees? – Arnold Vosloo
  • Wat moet môre gedoen word om “sukses” te verseker? – Tommy du Plessis
  • Netwerkgeleentheid met kaas-en-wyn-afsluiting

Oor die sprekers:

  1. Tommy du Plessis is die direkteur van die Potchefstroom Sakeskool en president van die South African Council for Small Business.
  2. Carl Aucamp is ʼn kleinsake-ontwikkelingspesialis en die visepresident vir onderwys en opleiding van die South African Council for Small Business.
  3. Susan Lombaard is die uitvoerende direkteur van Maroela Media.
  4. Arnold Vosloo is ʼn kleinsake-ontwikkelingspesialis en die visepresident vir kleinsake-ondersteuningsdienste van die South African Council for Small Business.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.