“Slim sitplek” hou van deel

Foto: Facebook.

Foto: Facebook.

In ontwikkelde lande is die toegang tot internet iets wat as vanselfsprekend aanvaar word: jy loop in die straat en jou foon kan aan verskeie internetverbindings koppel. In ʼn land soos Suid-Afrika is toegang tot die internet egter nog ʼn luukse wat die meeste mense nie kan bekostig nie.

ʼn Oulike inisiatief deur Public Access Consulting is onlangs in Maboneng in Johannesburg van stapel gestuur. Die “isabelo Smart Bench” verskaf sitplek vir die gemeenskap en gratis internettoegang. Verbruikers kan hul selfone by die bankie herlaai en ʼn battery-aangedrewe lig is ook geïnstalleer as die “slim sitplek” in die aand benut wil word. Wat die projek so uniek maak, is dat isabelo met sonkrag werk.

Die naam “isabelo” beteken “om te deel” in Zoeloe. Dis nogal gepas vir dié uitvindsel, want die doel van die projek is om mense bymekaar te bring sodat ʼn sitplek én idees gedeel kan word.

Volg hulle gerus op Facebook.

https://youtu.be/eE7hXEO3cNg

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.