Slimkop ‘leer om te verstaan’

Foto: Facebook

Foto: Facebook

Luke van Eyk, slimkop van die Hoërskool Kempton Park, het nege onderskeidings in die afgelope matriekeksamen behaal.

Hy het A’s behaal in Afrikaans, Engels, wiskunde, lewensoriëntering, rekeningkunde, rekenaartoepassingstegnologie, ingenieursgrafika en -ontwerp, inligtingstegnologie en fisiese wetenskappe.

Luke gaan vanjaar meganiese ingenieurswese aan die Universiteit van Pretoria studeer.

Hy sê hy wil verkieslik nie eendag in ʼn kantoor werk nie. “Ek sal graag eendag wil help met werkverskaffing en terugploeg in diegene wat in my belê het.”

Luke se resep vir sukses is om te leer om te verstaan.

“Wat ek nou onder die knie het, hoef ek nie later weer te leer nie.”

Ma Heidi is ʼn boekhouer en pa John is ʼn sakeman.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Sarie ·

@Luke Van Eyk & sy ouers… Baie geluk!!! Jý is ‘n voorbeeld vir bàie ander jongmense…

Sarie ·

@Luke Van Eyk en sy ouers. Bàie geluk!!! Jý is voorwaar ‘n voorbeeld vir mènige jongmens…

Amber ·

Baie geluk Luke. Dan is jy nog n aantreklike kêrel ook. Sterkte met jou studies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.