Stephanie droom baie groot

Stephanie de Wit

Stephanie de Wit

Afrikaanse Hoёr Meisieskool Pretoria se onderhoofmeisie, Stephanie de Wit, het agt onderskeidings behaal in die afgelope matriekeindeksamen. Sy het uitgeblink in wiskunde, Afrikaans, Engels, lewensoriëntering, fisiese wetenskappe, rekeningkunde, inligtingstegnologie en besigheidstudies.

Haar pa, Dries, is ʼn afgetrede generaal van die SANW en haar ma, Thea, ʼn persoonlike assistent. Sy het ook ʼn ouer suster wat werk as rekenmeester. Sy gaan haar vakansie in George deurbring en daarna aktuariële wetenskap aan die Universiteit van Stellenbosch studeer.

Stephanie was onder die top-10 akademiese presteerders en die voorsitter van die Mej. Affie-projek.

Stephanie beskryf haarself as iemand wat baie groot droom. Sy is lief vir lees, musiek en fotografie. Sy hou van roomys en is mal daaroor om te reis, selfs al was sy tot dusver net in Suid-Afrika.

Sy sê ook sy is baie hardwerkend en raak gou verveeld. Michelle Obama inspireer haar, want sy is ʼn sterk, onafhanklike en suksesvolle vrou.

Haar gunsteling-aanhaling is

Intelligence without ambition is a bird without wings – Salvador Dali.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.