Suné wil haar as tandarts bekwaam

Sune SteenkampSuné Steenkamp van Potchefstroom Gimnasium in Noordwes het agt onderskeidings – in Afrikaans, Engels, wiskunde, lewensoriëntering, fisiese wetenskappe, ingenieursgrafika en ontwerp, verbruikersstudies en rekenaartoepassingstegnologie – verwerf.

Sy gaan tandheelkunde studeer aan die Universiteit van Pretoria.

Haar sleutel tot sukses, reken sy, is haar oplettendheid – veral in die klas.

Suné sê daar is baie invloedryke mense wat kenmerkende rolle in haar lewe gespeel het.

Sy beskryf haarself as ʼn baie lojale mens, maar erken dat haar swakste eienskap is dat sy soms hardkoppig kan wees.

“Ek het ʼn baie sterk wil en swig nie maklik voor groepsdruk nie.”

Suné het deelgeneem aan die Eskom-wetenskapekspo, sy het hokkie vir haar skool gespeel en was haar hele hoërskoolloopbaan lank een van haar skool se tien top-presteerders.

Wanneer sy nie voor die boeke sit nie geniet sy dit om televisie te kyk en tyd deur te bring met vriende en familie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.