Tian wil onthou word as betroubare mens

TianTian Lategan van Hoërskool Eldoraigne in Centurion het onderskeidings in Afrikaans, Engels, wiskunde, lewensoriëntering, besigheidstudies, rekeningkunde, inligtingstegnologie en fisiese wetenskappe behaal.

Tian wil ʼn aktuaris word en begin vanjaar sy studie in dié rigting aan die Universiteit van Pretoria.

Tian het bewondering vir sy pa, wie se opregtheid en sagte hart hom inspireer. Benewens ondersteunende familielede is dit harde werk wat gelei het tot Tian se akademiese sukses. “Ek is hardwerkend,” sê hy, “en weet waarheen ek op pad is.”

Hy het op skool deelgeneem aan rugby en tennis. “Ek het hoofsaaklik sport gedoen om dit te geniet, nie noodwendig om te presteer nie.” In sy vrye tyd geniet hy ʼn goeie fliek, om te swem asook om tyd met sy honde deur te bring.

Tian beskryf homself as ʼn goeie luisteraar en iemand wat daar is vir mense wanneer hulle ondersteuning nodig het.

“Ek is vriendelik, maar nooit oppervlakkig nie. Ek sou graag wou dat mense my eendag onthou as ʼn vriendelike, hardwerkende en betroubare mens.”

Tian het drie broers;  Johan, Janlo en Jacques, asook ʼn suster Louise.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.